Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Dis nog platteland maar met alle moderne geriewe. Die Agri-megaweek was 'n belewenis."
"Rustige kusdorpie met heerlike staproetes en rots paadjies. Ideale plek om te ontspan."
"Dit is n heerlike Afrikaanse kuierdorp waar jy in elke restaurant smaaklik eet, lekker kuier en die tyd vlieg. Die dorp is skoon en netjies, die aanwysing is baie goed (gastehuise) maar miskien een swak punt is jy kry nie sommer 'n apteek nie, verder n pragtige dorp ... sal beslis teruggaan."
"Strande, winkelsentrums en besienswaardighede is maklik bereikbaar op uitstekende paaie. Vir vroulief was ons besoek aan die Wonderland Kwekery/tuinsentrum 'n hoogtepunt."
"Agulhas is 'n plek wat 'n mens vir enige toeris kan aanbeveel, agv die wonderlike natuurskoon."
"Lekker dorp mooi dinge te sien! Gaan maak beslis 'n draai by die Zuidkaap Restaurant. Lekker kos!"
"Suurbraak is a wonderful little place. Like the old days. You can breath again and re-energize. "
"Die platteland van die Overberg met die ongelooflike mooi koring en canolalanderye is 'n gesig om te ervaar veral tussen Augustus en September."
"Sanbaai is 'n heerlike en rustige vakansieplekkie naby aan die strand en als wat jy nodig het. Een van ons land se weelde."
"Bettiesbaai is pragtig. Die natuurskoon met interessante besienswaardighede."
"Ek is besonder beïndruk met Hermanus, dit is netjies en skoon met vriendelike mense. Die wonderlikste is dat die see toegangklik is vir die gewone toeris om dit ook te kan geniet en nie soos ander stede waar die strande toegebou is en net beskikbaar is vir die enkele bevoorregte mense wat huise daar kan bekostig nie. "
"Area around Caledon very attractive at this time of the year. Tesselaarsdal has a uniqueness of its own - with friendly folk and open space."
"Ons kuier graag op Onrus, geniet die rustigheid, en kyk graag na die walvisse in die omgewing. Tog lekker naby aan Hermanus met groter winkels en restaurante. Onrus se winkelsentrum meer as voldoende vir die noodsaaklikste."
"Dis 'n lieflike dorp en mens is bevoorreg om dit nog alles te kan geniet en waardeer. Dankie vir die instandhouding van al ons kultuurskatte - dis deesdae nie meer so algemeen nie!"