Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"De Kelders is 'n pragtige deel van die kuslyn en ons gaan graag weer en weer terug soontoe."
"Dis 'n lieflike dorpie met 'n ryk geskiedenis. Daar is genoeg eetplekke en dis heerlik om daardeur te stap. Die sjarme is die stilte."
"Witsand is 'n rustige strand niks misdaad of geweld nie. Daar is lekker swemplekke en of lekker vir seilbootritte."
"Rustige dorpie, lekker stapstrate en strand. Ideaal vir mense wat stilte soek."
"Klein plaasdorpie. Die meeste aktiwiteite is op die buurdorpe geleë, maar dit is nie ver om te ry nie. Sover ons kon aflei is al die restaurante op die dorp gesluit op 'n Sondag."
"Vir my een van die mooiste en lekkerste-dinge-om-te-doen-dorpe in die Wes-Kaap, genoeg restaurantjies en allerlei winkeltjies om 'n mens besig te hou. En natuurlik die rowwe kuslyn en weggesteekte strandjies."
"Indien jy nog nie daar was nie en van 'n mooi rustige plek by die see hou... moet jy definitief gaan!"
"Die Struisbaai Agulhas omgewing is regtig 'n lekker plek om te kuier en daar is baie te sien en te doen. Daar is ook 'n wye en goeie keuse van eetplekke en almal baie redelik op die sak."
"Baie rustige dorpie, ongelukkig is die eetplekke baie besig en voorafbesprekings is dus noodsaaklik."
"Dit sal 'n rustige vakansie wees! Ons sal maklik 'n vakansiehuis huur vir 'n langnaweek!"
"Pragtig, landelik en goed om te sien dat die inwoners hul dorp self verfraai en netjies hou - doen so voort."
"Net die nodige en as jy iets meer soos winkels wil hê is dit net 30 km weg in Hermanus."