Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Hermanus: 'n juweel! 1ste rangse mediese sentrums. Alles wat mens mag nodig ag."
"Struisbaai is 'n baie rustige, skilderagtige dorpie, veilig om verskillende aktiwiteite te beoefen soos stap, draf, visvang en nog vele meer. Kom geniet Struisbaai se gasvryheid."
"Die plantegroei in die omgewing is so deel van die huise. Maak dit baie besonders. Die feit dat daar geen straatligte is nie maak die omgewing donker om die natuur so te geniet. Baie veilig. Ons is mal oor Betty's Bay."
"Besoek gerus die Pikkewyn sanctuary by die ingang van Romansbaai. Hulle doen ongelooflike werk om die pikkewyne te red van uitwissing. Oorweeg dit ernstig om 'n donasie te gee, dit voel lekker. Kleinbaai is om die draai en is 'n baie pragtige, interessante dorpie."
"Witsand huisves die prag van 'n sensitiewe ekosisteem waar die Breederivier inloop in die see. Aktiewe toeriste kan stap, bergklim, trail running, kayak, bootritte, visvang en vele meer in die mooiste omgewing. Ons sal weer Witsand besoek, net redelike verblyf kry volgende keer!"
"Kan die Saterdagmark in Voëlklip aanbeveel, alhoewel nie rolstoel- of stootwaentjievriendelik weens die basbedekte grond. Het heerlik met ander besoekers gesels. Sypaadjies in Hermanus is oor die algemeen rolstoel- en stootwaentjie vriendelik. Dienste by winkels en restaurante is puik."
"Absolutely beautiful town. Love the scenic beauty and the fynbos and the birds and the penguins."
"Keep up the good work of making sure that the place is clean and safe for people to visit. It was our first time visiting the caves and it was breathtaking big up. "
"Fantastic restaurants all within easy reach. A beautiful destination."
"Rustige, skoon kusdorpie, heerlike stappaadjies langs die see, baie lekker vis geëet by Moltenos-restaurant."
"Hermanus was nog altyd vir my n hoogtepunt! Lief vir die mooi natuur, berge en staproetes asook goeie restaurante en wyn!"
"Vir 'n stil, rustige buite-seisoen see-vakansie, met wonderlike seekosrestaurante, is Gansbaai ideaal. In seisoen baie besig, maar daar is baie mense wat dit so verkies. Hermanus is ook naby, en die pad tussen Stanford en Hermanus is nou klaar en te wonderlik vir woorde. 'n Omgewing met werklik baie om te sien en te doen."