Verified Reviews
Paarl
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paarl
Rated 4.7 out of 5 based on 810 reviews.
"Dit is baie besig en mense ry soos mal goed. Besigheidsbesoek is okay, vakansie, nee wat."
"Dit is 'n wonderlike plek om te kuier en vir vakansies al is dit net vir 'n naweek om 'n bietjie weg te kom vanaf die huis. Sal dit voorstel."
"Pragtig. Autumn Lane kan great wees. Hulle moet net meer aandag aan klein detail gee, soos aangedui."
"Die Paarl is binne bereik van baie toeriste aantreklikhede en wynroetes en na genoeg om vir die dag see toe te ry. Dit kan net baie warm word in die somer."
"Loved the atmosphere and hospitality spirit of the people and places in Paarl."
"Daar is soveel om te doen en te sien in die Paarl en die omliggende omgewing. Die Paarl is 'n skatkis."
"Die Paarl Vallei is pragtig. Daar is hordes wyn plase, party binne in die dorp. Die taal monument en De Villiers (DV) sjokolade is die moeite werd om te besoek."
"Daar is 'n uitstekende mikro-bierbrouery, "Bergrivier", wat ek altyd graag besoek. Die Paarl raak net baie besig en die Mall pas net glad nie in nie, maar ek vermy dit maar net. Die Taalmonument is altyd 'n plesier om te besoek en ek beveel dit sterk vir almal aan."
"Die KWV Emporium en Taal monument is in die Paarl 'n besoek werd. Daar is ook ander wynplase in die omgewing wat besoek kan word."
"Baie goed geleë vir die doel om die Kaap te sien. Kaapstad is nie so vêr nie en Paarl bied die rustigheid in kontras met die stad. Dit is op die wynroete vir die wat wyn liefhebbers is. Dis ongelooflik mooi in Paarl en die berge (wat ons Transvalers nie ken nie) sien jy mooi omdat jy nie teen die berg is nie. Asemrowend mooi. "
"Ek ken die Paarl reeds sedert die middel vyftigerjare en het ook daar skoolgegaan. Paarl op sy eie en ook as deel van die Boland is 'n ideale bestemming vir 'n verskeidenheid van aktiwiteite en ook nog naby genoeg aan die see vir diegene wat dit wil benut."