Verified Reviews
Paarl
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paarl
Rated 4.7 out of 5 based on 810 reviews.
"Die Paarl is die beste plek om oor te bly aangesien dit sentraal is en baie is om te doen en te sien. Die wynplase is almal 'n belewenis. Die Pinotage burgers by Byerskloof is 'n moet vir elke toeris wat Paarl toe gaan."
"Ons was vinnig in die winkelsentrum om die nodige aan te koop vir ons braai. Die winkels het alles gehad was nodig was. Ons was nie verder in Paarl se winkels nie, maar die wynroetes en die bekende Spice Route en Fairview is is naby die plaas."
"Is mal oor die Paarl. 'n Moet sien is die familieplaaswinkel in die hoofstraat. Dit is cute met alles wat mooi is. Ons kuier daar was absoluut die moeite werd."
"Ek het grootgeword in Paarl, maar het die dorp sowat 25 jaar gelede verlaat en dis 'n groot plesier om as toeris terug te keer. Baie om te doen en pragtige omgewing. "
"Het 34 jaar daar gewoon so is maar lief vir die Paarl...maar Langebaan is nou mooier! Daar is wonderlike besienswaardighede en winkels en restaurant om te besoek tot jy flou val...iets wat ons Weskussers maar mis."
"Paarl is 'n baie mooi dorp en die omgewing ook. Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en plekke te besoek."
"Paarl was nog altyd 'n baie gerieflike plek om te bly, naby ander interessante gebiede om te besoek."
"Paarl is 'n pragtige toeriste bestemming, naby aan baie mooi plekke om te sien soos Spice Rooute en CBC Brewery."
"Mooi omgewing, dorp nie baie netjies nie. Bekostigbare, goeie eetplekke in dorp skaars."