Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 2438 reviews.
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"Graskop zelf niet zo bijzonder maar wel een goede uitvalbasis om in de omgeving mooie dingen te zien zoals de Potholes, watervallen en Gods Windows."
"Die dorpie is goed geleë, maar is stadig maar seker besig om so bietjie agteruit te gaan."
"Quaint little town, very refreshing from the hustle and bustle of large cities."
"Wonderlik dat daar om elke hoek en draai iets nuuts is om te ontdek! Ons beplan om weer daarheen te gaan en alles te besoek wat ons nie nou kon besoek nie."
"Al die mooi dinge van die omgewing is naby Graskop en die Bestuur van Blyde Chalets het ons van 'n padkaart van die omgewing voorsien en kon ons die tyd by Graskop terdeë geniet. Dankie ook aan al die vriendelik mense van Graskop wat gehelp het om ons tyd te geniet."
"As ek kon sou ek Sabie toe trek enige tyd. Die mense is vriendelik, baie behulpsaam en 'n pragtige omgewing. "
"A quiet and serene village for the traveller who is interested to get away from the hustle and bustle. A place to find yourself."
"Ons is mal oor Kaapsehoop! Die mense is vriendelik en laat 'n mens deel voel van die klein dorpie. Ons is daar weg met almal wat ons op ons name noem! Heerlik!"
"Dorp het baie agteruit gegaan. Daar kan baie meer moeite gedoen word met die paaie. Daar is baie slaggate. Verder skep die dorp ook 'n verwaarloosde indruk. Daar is bosse wat op sypaadjies lê wat al verbruin het. Leë erwe wat vol skroot en bosse is. Die dorp kan beslis mooier en netjieser gemaak word en al die paaie geteer word, veral die pas. Daar kom baie buitelandse toeriste en daar kan meer moeite gedoen word om die plek netjies en in 'n goeie toestand te hou. Die dorp is baie sentraal geleë om elke dag te kan uitry na besienswaardighede toe."
"Graskop is baie sentraal in die Laeveld geleë in die middel van die Laeveld Panorama. "
"Baie goeie plek om te bly en van daar die res van die pragtige wëreld te verken. (Sabie, Pelgrims, Blyderiviercanyons, Echo-grotte, God's Window. ens.) "
"Dis naby die stad, eetplekkies en toeriste-besoekpunte. Baie sentraal geleë."
"Lieflike dorpie met mooi winkeltjies. Perfekte beginpunt en eindpunt vir die Panorama roete en naby geleë valle. Die Big Swing was baie spesiaals. Wees bewus daarvan dat Harries pancakes vroeër sluit. Hulle het die Dinsdag (in skoolvakansie) reeds 17:00 opgepak."
"Die dorpie self is nie ongelooflik nie, maar is naby alles. God's Window, Lisbon Falls, Berlin Falls, Mac Mac Falls en 'pools', dagroetes, Pelgrimsrus, Hazyview (waar 'n mens 'n verskeidenheid avontuuraktiwiteite kan doen - tours and travel en oulike winkels), Bourke's Luck Potholes (ongelooflike ervaring) en ook binne 'n uur en 'n half van Hoedspruit en die Kruger."
"Graskop is die ideale plek om al die mooi watervalle en natuurtonele soos God's Window te besoek. "