Verified Reviews
Paradise Beach
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paradise Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 57 reviews.
"Paradise Beach is fantasties. Dis mooi, veilig en die strand is nie oorvol nie. Daar is ook deurentyd lewensredders aan diens. "
"Selfs die honde hardloop in vrede met mekaar op die strand rond, hardloop en blaf asof die strand aan hulle behoort. Asemrowend met skulpe om oor gek te word."
"Dis baie rustiger by Paradise Beach as in Jeffreysbaai self. So ons kon lekker rus. Mens stap net oor die duin en dan is jy op die strand. Ongelukkig, as mens vars groente en vrugte en vleis en sulke goed nodig het moet mens Jeffreysbaai toe ry, of as jy lekker wil gaan uiteet. Hopelik maak iemand 'n Spar of klein Woolies Foods en 'n oulike koffie winkel daai kant oop."
"Definitief 'n moet vir enige reisiger. Fantastiese nimmereindigende, pragtige skoon strand. Kan vir ure aaneen stap sonder enige vreemde mense of wesens. Nie oorbevolk nie. Inteendeel, geen mense wat kuier op die strand nie. Hier en daar iemand wat stap met vriend of dier. Verlief op die plek."
"Lekker stil om behoorlik te ontspan. Die mense is so vriendelik. Na aan die natuur, see en sand. Voorwaar 'n juweel. Paradys op aarde."
"Swembad was nie baie skoon nie en omdat dit geen son kry nie was die water baie koud."
"Hou van die plekkie, sal weer na paradise beach toe kom. Alles was daar wat ons sou nodig. "
"Paradise Beach deserves its name, beautiful, peaceful and quiet for a lovely holiday."
"Mooiste strand in die wêreld! Dit stel 'n mens rustig en is naby genoeg aan Jeffreysbaai as jy meer aksie soek."
"We loved staying with them. It's in a beautiful remote location to get away from the noise. Just what we were looking for. Rooms were clean and neat and new. Lovely view and close to the beach to take a walk along."
"Vir iemand wat hou van die buite lewe en diere is dit die plek waar jou hart sal rus! Pragtige stil natuurskoon omgewing."