Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Parys is 'n heerlike naweekdorp. Baie om te doen, baie restaurante en baie lewendige dorpie. Ek dink net hulle kan gerus die oord opgradeer. Ons was daar in en dit is in 'n gehawende toestand."
"Ons het 'n oplewing in Parys ervaar wat baie verblydend is. Heelwat nuwe winkels het oopgemaak en die algemene gevoel is dat dinge nou gebeur. Die restaurante waaroor ons gek is, is beter as voorheen. Die blommefees wat in November aangebied gaan word beloof om iets besonders te wees en die maandelikse mark is beslis een van die redes vir ons volgende besoek aan Parys."
"Kan nie veel kommentaar lewer nie. Ons het die gholfbane besoek en was nie betrokke by aktiwiteite van die dorp self nie."
"Parys is 'n lekker stil plekkie waar mens regtig kans kry om te ontspan. Vele oulike koffiewinkels en die gemeenskap is goedhartige mense. Sout van die aarde. "
"Personally, Parys remains one of my favourite getaway destinations. It is the ideal place if you're a nature-lover and need a break from the city life in the nearby Johannesburg."
"Interesting busy town during the Rhino Rally. The locals were very friendly and accommodating. We enjoyed the Church fete."
"Parys is 'n droombestemming vir enigiemand wat uit Gauteng se besigheid wil ontsnap. Daar is so baie om te doen dat 'n naweek net nie genoeg is nie. Die besighede is volop en bied 'n groot verskeidenheid. Die dorpie is ook bekostigbaar en die mense baie vriendelik."
"Om Parys te besoek is altyd 'n aangename ervaring met restaurante met goeie kos en die diens is altyd vriendelik. "
"Was verras deur hoeveel die een straat bied! Baie lekker restaurante orals. "
"Die mense is baie hulpvaardig en vriendelik. O's Restaurant is 'n belewenis. Die atmosfeer is ongelooflik en die personeel vriendelik."
"Could be so much more if the municipality cleans it up. But a nice weekend away."
"Parys is lekker met antieke winkels en eetplekke. Lekker vir 'n naweek. Strate kort net aandag en meer naglewe op naweke en laat middae sal aanbeveel word."
"Parys is wonderlik... Ons was 4 dae daar, maar nog 'n 7 dag week sou dalk genoeg gewees het om orals te kyk en geniet. Dit is beslis 'n plekkie waarheen jy kan verdwyn! Heerlik!"
"Beslis 'n dorpie wat slaap in die week en wakker word oor 'n naweek. Dus kan jy kies waar jy wil inpas. Goeie restaurante en interessante winkels."