Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 1459 reviews.
"Heerlike eetplekke en baie winkels om in rond te loop. Maak net seker van die toemaak tye. Saterdae is dit 4 uur en Sondae is dit 2 uur. "
"1ste besoek aan Parys en dit was ongelooflik! Soveel om te ontdek, doen en natuurlik koop. Parys is my nuwe ontspanplek."
"Sal beslis weer gaan. Die mense van Parys is ongelooflik vriendelik en behulpsaam."
"Nogal moeilik om mens se weg te vind aangesien daar nie meer baie straatnaam-aanwysings oor is nie."
"Ons het behoorlik gesoek na die groot Eifeltoring maar het dit uiteindelik gevind! Alle nodige fasiliteite is op die dorp maar die slaggate bly maar 'n kopseer veral as jy uit die Kaap kom (daar is tekens dat die paaie opgeknap word.) 'n Hoogtepunt vir ons was die vriendelike ontvangs in die huis van Jan Fourie en sy vrou voor die aanvang van ons begeleidende toer in die Vredefortkoepel en omgewing. Dis beslis 'n hoogtepunt en sal nog baie besoekers na die omgewing lok."
"Op die oomblik met die werk aan die paaie is dit 'n nagmerrie en die gate in die paaie is nie goed vir die motors nie! Dit is egter 'n mooi plekkie!"
"Ons was aangenaam verras met Parys as toeristebestemming. Slaggate in sommige teerstrate is nogal lastig en kan toeriste pla."
"Lieflike dorpie propvol oulike plekkies om te besoek. Kosplekkies uit die boonste rakke. "
"Nog eg plattelands en nie te veel gekommersialiseer nie. Sal beslis weer 'n draai gaan maak."
"Parys is 'n baie rustig plek. As mens wil gaan afsluit is dit die plek om te wees. Die mense is baie vriendelik en doen moeite om jou te akkommodeer. Dit is voorwaar 'n rusplek."
"Kreatiewe Harelus-mark, wonderlike winkeltjies, vriendelike mense en baie mooi natuurskoon! "
"Nice place to visit with lots of quaint shops and places to eat and visit. There are also many other activities in the surrounding areas. "
"Wat 'n besondere plek om te besoek en al die mense is so vriendelik en behulpsaam. "