Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Definitief. Pragtige, ou seedorpie waarvan die ou vissermanhuisies pragtig gerestoreer is. Die dorpie het alles wat jy nodig het en verder is Vredenburg 'n gerieflike 15km weg. Die dorp is rustig en kinders loop en speel nog in die strate saam met honde - iets wat jy nie meer in die stad sien nie. Die dorp is verder ideaal geleë om die Weskus te gaan verken en selfs naby genoeg aan Kaapstad om die ook te besoek."
"Paternoster is beautiful. If you are looking for a quiet getaway, this is the place."
"Ons doen elke jaar die blommetoer en een van ons oornag-akkommodasies is Paternoster. Die terugvoer van my groepe is Paternoster hul gunsteling toeristebestemming uit 10 bestemmings wat ons besoek."
"Paternoster is a charming village. We especially enjoyed our visit to Cape Columbine Nature Reserve where we saw amazing flowers."
"Paternoster het uitgebrei na 'n toeriste besoekpunt en afgesien van die mooie kuslyn is daar baie kunswinkels en restaurante. Verder is Paternoster naby geleë aan die ander interessante kusdorpies wat binne 'n dag besoek kan word. Ek stel voor om Paternoster as 'n basis te beskou vir twee nagte om al die omliggende plekke te verken. Google die omliggende dorpe en 'n nuwe vakansiebestemming gaan oop met al die besoekpunte en wynkelders."
"Such a beautiful village with lots of restaurants and pubs and beautiful scenery. "
"Paternoster is die vakansieplek waarheen ek elke jaar sal gaan. Gasvryheid, veiligheid, see en hul mense. Baie om te doen en te sien."
"My late mother was born in Paternoster and our family visits Paternoster often. I absolutely love the place and feel emotionally connected. My grandfather lived in Paternoster and was a local fisherman back in the 1920s. I will always come back to Paternoster, it's so beautiful."
"Ons is so lief vir Paternoster! Stil, rustige dorp vir 'n goeie wegbreek!"
"Paternoster bly my gunsteling plek wanneer dit kom by 'n wegbreek. Dit doen wonders vir die siel."
"Weskus seekos, restaurante om van te kies en keur. Winkeltjies met die mooiste snuisterye, At se galery. Tradisionele vissermanbootjies wat elke dag die dag se vangs terugbring land toe. Beslis aanbeveel vir elke toeris om te besoek."