Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Die plek self is baie mooi en rustig. Ons het geen probleme ondervind, mense was vriendelik en behulpsaam. Ek was wel 'n bietjie ongemaklik omdat smouse kort-kort my rustigheid onderbreek het, maar andersins was die plek self baie ontspannend. Daar was ook 'n huisinbraak by ons bure wat my omtrent afgeskrik het."
"Noisy Oyster can be recommended for dinner. But book at least a week before you plan to go. They are very popular for the locals as well as holiday makers. Blikkies-Pizzeria makes the most amazing pizzas. I can also recommend them for a great meal."
"Ek sou verkies as die res van die wêreld nie weet van Paternoster nie, want dis so pragtig en wil dit graag vir myself hou! En om alles te kroon, het ons die lekkerste Sushi ooit daar geëet! Die enigste negatiewe kommentaar is: Die 'ingang' van die dorp vanaf Vredenburg (algemene 750 m area rondom die 1ste 4-rigting stop) het dringend aandag nodig: die res van die dorp is so mooi, maar die eerste indrukke is vuil, morsig en onversorgd."
"Pragtige dorp met vriendelike mense en eetplekke van 'n groot verskeidenheid. Alles is skoon en netjies. Pragtige strandareas en 'n Weskusparadys!"
"This is a jewel in our coastline - very nice place to have a break away from city life and relax and restore the soul - I would want to stay here permanently if I could - excellent holiday destination!"
"Die dorpie groei op my - dis lekker stil en tog is daar als wat mens nodig het. Ek love die wit huisies wat almal lyk my goed ingerig is vir gaste. Dis maklik om blyplek te bespreek en in-check en uit-check is 'streamlined'. Daar is ook heerlike restaurante as mens sou wou uiteet. "
"Paternoster is the best! Love the vibe and feel. Perfect for families or as a romantic getaway!"
"Ek was 3 jaar gelede daar en met hierdie besoek was die strand merkbaar vuiler. Dooie, stink seegrasse en "vis-oorblyfsels" het die strand versuur. As dit gereeld skoongemaak word, sal dit weer die pragtige prentjie wees wat ek onthou."
"Kan nie beter kry nie. Absoluut fantastiese plekkie met oulike winkeltjies en van die beste restaurante en verblyf."
"Maak seker jy besoek die Gaatjie restaurant, die uitsig van hul stoep en kos is regtig die moeite werd."
"Paternoster is ‘n lieflike kusdorp met heerlike strande en goeie restaurante. Die dorpsbestuur kan wel meer moeite doen met gemeenskapsbewustheid t.o.v. skoner strande."