Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 2296 reviews.
"Ons besoek Paternoster gereeld. Ek glo dit is antwoord genoeg om te sê dat ons Paternoster as 'n fantastiese vakansiebestemming beskou."
"Dit is 'n pragtige strand. Daar is baie goeie restuarante om van te kies met heerlike kos en goeie diens."
"Al my verwagtige oortref. 'n Lafenis vir 'n stadsbewoner. Ons sal Paternoster gewis weer besoek."
"Al my verwagtinge oortref en nog meer. Hemel op aarde vir 'n stadsbewoner wat wil wegkom van die betonoerwoud se gewoel en lawaai. "
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Dit is 'n jammerte dat die onwettige kreefhandel nie hokgeslaan kan word nie en ek stel voor dat meer gedoen moet word om die publiek bewus te maak van die probleem."
"Ongelooflike plek, maar baie bekommerd oor die "petty crime" wat tans oor die dorp heers."
"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
"Lekker, lekker, lekker. Wees net bewus Gaaitjie restaurant se kombuis sluit 20:00 op 'n Saterdagaand!"
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
"Gesellige dorp, pragtig, met fantastiese eetplekke en restaurante. Wit eenvormige huisies en skoon strate skep 'n lekker vakansie gevoel."
"Paternnoster is 'n fantastiese kusdorpie met alles wat mens nodig mag kry! Uitstekende restaurante, lieflike strand, pragtige sonsondergang en oneindige uitbreidings-geleenthede!"
"What a beautiful beach, so peaceful and relaxing. Friendly people, lovely food and we will definitely be back."
"Baie duur winkels en restaurante. Die bedelaars in die hoofstraat en kreef verkopers is ontstellend en daar is geen sigbare wetstoepassing."