Verified Reviews
Pearly Beach
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Pearly Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 232 reviews.
"Pearly Beach is 'n baie lekker stil dorpie om na weg te breek. Dit is beslis die moeite werd om daar te gaan afpak vir 'n vakansie."
"Pearly Beach se strand is verskriklik mooi, die water is warm genoeg vir die kinders om te swem, die mense is verskriklik vriendelik en knoop graag 'n geselsie aan. Ons sal baie beslis weer daarheen wil gaan vir 'n wegbreek."
"Ons kom al vir 32 jaar Pearly Beach toe en het alle veranderinge oor die jare meegemaak. Ek dink egter nie dat Pearly Beach op regte vlak is as toeristebestemming nie."
"Vriendelikheid van die permanente inwoners laat jou sommer tuis voel, en moenie vergeet van die ongerepte strand nie. Dis hemels in vergelyking met ander strande. Probeer asb. om dit so te hou."
"Naby aan Gansbaai, Franskraal, Baardskeerdersbos en Uilenkraalsmond. Baie om te doen en te sien, of net rustig by die see te kan ontspan."
"As jy hou van 'n rustige omgewing is dit die regte plek. Daar is geen winkelsentrums naby nie en jy moet deur ry Gansbaai toe (37km) vir jou inkopies. Daar is wel 'n winkel wat jou van jou daaglikse benodighede kan voorsien. Strande is skoon en veilig en die mense is baie vriendelik. "
"Pearly Beach is a getaway from city life for the nature and sea lover. Beautiful white sandy beaches that are unspoiled. Also a whale watchers dream. Lovely holiday destination for the entire family."
"We enjoyed all the activities in and around Pearly Beach and all the nearby beaches too."