Verified Reviews
Pennington
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Pennington
Rated 4.6 out of 5 based on 169 reviews.
"Humpy, holey roads and no power at times, the new SA. Nice and clean place, lovely beaches, nice people."
"Pennington is a quaint and lovely destination, with beautiful beaches and awesome coastal greenery. Pity that the roads in most parts are in need of a lot of work!"
"Pennington se strate is in 'n benarde toestand. Pennington self is skoon en mens voel lus om 'n ruk daar te kuier. Dit was wonderlik om te sien hoe die mense stap of fiets ry. Kyle se kos by die Ski Club met sy diere-vriendelike fasiliteit en pragtige uitsig het ons ’n paar maal teruggelok! Ons het ook baie lekker kos met kaaskoek geniet as wegneemete by die Kiosk. (Diere word nie, toegelaat nie maar indien mens vooraf reëlings tref, is daar genoeg plekke wat wel diere toelaat.) Hopelik is die strande oop vir ons volgende besoek. Die gemeenskap kan met rede trots wees op hul dorp. Bravo!"
"Pennington kort so 1 of 2 wegneemeetplekke asook 'n vulstasie. Die OK was so-so, sy voorraad soms bietjie beperk, so 'n groter supermark sal ook nie skade doen nie, maar ek sal enige tyd weer Pennington as strand gebruik."
"Die strate in pennington is in ’n redelike slegte toestand. Bly liefs weg van die OK Foods af en ry eerder deur na Scottburgh Mall toe. Pennington is verder ’n baie stil en pragtige area."
"Awesome stay, would recommend to anyone, thanks again for the weekend and I look forward to visiting Pennington soon."
"Pennington is regtig 'n juweel en in 'n ander klas as enige ander dorp in daai area. Pragtige, boomryke strate, baie rustig, oulike winkels. Daar is ook 'n pragtige wandelroete in die woonarea in 'n digbeboste valleitjie. Die Basset Brewery en Doghouse Cafe vir my 'n gunsteling - ingerig vir troeteldiere, hulle het selfs "bier" vir honde! Die golfbane daar blykbaar ook baie besonders, maar ek kon ongelukkig nie daar in met my hond."
"Heerlike stil plekkie vir ouer mense wat nie kinders het nie en die mense wat daar bly is so so vriendelik almal groet jou! Baie oulike kusdorpie, sal weer soontoe gaan."
"Heerlike area. Goeie weersomstandighede. Daar is baie snorkel geleenthede in die area."
"Baie veilige, stil en vriendelike omgewing. Alles is skoon en netjies. Sal beslis weer daarheen gaan. "
"My first visit, will see us again, and want to play the golf courses and visit all restaurants next time."
"Sal dit graag aanbeveel. So baie spasie en onverwagse ekstras soos 'n ysmaker. Dit was baie lekker."