Verified Reviews
Polokwane
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Polokwane
Rated 4 out of 5 based on 138 reviews.
"As oud Pietersburger was ek uiters teleurgesteld in die vuil en oorgroeide sypaadjies. Die patetiese stadsraad is daarvoor te blameer. Die gasvryheid, goeie diens en vriendelikheid van Nguni Grill Restaurant en Vleislapa Slaghuis het egter bietjie opgemaak vir die teleurstelling, asook die lekker kuier saam met vriende by ons skool matriekreünie."
"Polokwane is sentraal geleë as jy enige plek toe wil gaan in Limpopo, ons bly naby genoeg dat ons nie die plek as 'n toeristebestemming gebruik nie."
"Puik stad met inkopiesentrums wat dit maklik maak om enige artikel en of produk te verkry. Goeie mediese en puik akkommodasie. Parkering in CBD is baie beperk en sal pluspunt wees indien daarna omgesien kan word. "
"Is Sterpark dieselfde as The Leopard Tree? Indien wel, verdien dit meer as 5 uit 5!"
"Weet nie of daar baie is om te doen in Sterpark nie. Was vir 'n rugby-wedstryd daar."
"Dit is 'n stil woonbuurt in Polokwane en baie goed geleë om die besige plekke in die stad te besoek."
"Ligging van die gebied is 'n paar minute van die dorp, baie naby. Die gebied is maklik toeganklik. "
"Baie aangenaam. Was die beste ervaring in Pietersburg en die beste plek. Sal dit opreg aanbeveel en al my kennisse daarheen verwys."