Verified Reviews
Potchefstroom Central
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Potchefstroom Central
Rated 4 out of 5 based on 134 reviews.
"Die area het agteruitgegaan, voel dit vir ons, en alhoewel mens vrouestudente sien alleen rondloop het dit gevoel of ek huiwerig sal wees om daar rond te loop. Ons het 'n baie oulike lodge so 10 minute van daar gaan aandete eet. Die kos was maar teleurstellend vir die prys, maar daar was 'n mooi plekkie om die sonsondergang te geniet langs die rivier en 'n kaggel binnekant so ons het lekker daar gekuier. "
"Soos enige plek in Suid-Afrika is die netheid van strate en versorging van sypaadjies 'n uitdaging. Ons besoek nie Potch as toeristebestemming nie, maar omdat ons 'n kind aan die PUK het."
"Ek sou graag inligting oor die besienswaardighede en geskiedenis van die dorpie wou kry, maar het nie geweet waar om te gaan soek nie. En daar is so baie plekke wat interessant gelyk het, van die grafte tot die ou Snowflake Meule en Rotary Clubhouse!"
"Ek bly in sentraal Potchefstroom t.w.v. besigheid. Ek sien dit nie regtig as 'n toeristebestemming nie."
"Ons wou naby NWU wees, so vir ons was Vintage Guesthouse, naby genoeg. Ligging/bestemming hang mos natuurlik af van wat die doel van die besoek van elke besoeker wat in Potchefstroom is. "
"Ons het baie laat in die aand arriveer en te vroeg gery om regtig in opinie te gee van sentraal Potchefstroom as toeristebestemming. Ons het nie langer as 'n aand vertoef nie."
"EK was daar vir 'n week kursus, so het min tyd gehad vir ander besienswaardighede."
"We did not see or experience Potchefstroom central, rather Potch dam and Kenneth MacArthur Municipal Swimming pools respectively, as we were in Potch to participate in the Underwater hockey Junior National Tournament.. Overall, we did enjoy our stay in Potchefstroom though! "
"Jy beleef die beste van 'n studente-omgewing daar, maar dit is nie oorweldigend nie."
"Die verkeer is erg. Seker omdat dit die begin van die nuwe akademiese jaar is. Maar sjoe, wilde bestuurders. Bedrywige dorp."
"Die dorp wat nou blykbaar 'n stad is, is mooi en alles is gerieflik naby."
"Buiten die nuwe inkopiesentrum en die universiteit, is die plek besig om vervalle te raak. Die honderde groot gate in die paaie in die dorp wys dat niemand omgee nie, dis 'n skande! Die mense is egter baie vriendelik."
"Dit was so lekker om Aardklop te kon bywoon! Dit was so netjies en skoon en mooi groen! "
"Ideale area vir Aardklop, sporttoernooie of besoek aan die universiteit. "