Verified Reviews
Prince Albert
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Prince Albert
Rated 4.7 out of 5 based on 1416 reviews.
"Baie spesiaal. Vars vye te lekker om in woorde te beskryf so ook vars amandels en dan olywe. Heerlik gedrentel deur museum, kunshandelaar en winkeltjies. Spesiale kinderprojek belangrik om te ondersteun. Strate so skoon en netjies en inwoners vriendelik. Heerlike kaas, olywe, koue vleis en broodbord by hotel gehad vir middagete."
"Wat 'n veilige en rustige bestemming met die oulikste en heerlikste snuffel- en kuierplekkies. 'n Moet om te besoek."
"'n Pragtige dorpie met interessante huisies en strate wat jou lei na verrassings. The Gallery se kos is puik! Victoria Room se kos was ook baie lekker. Die Showroom was iets besonders om te beleef op so klein dorpie. Vanaf die dam is die uitsig werklik besonders. Ons sal beslis mense aanraai om nie Prins Albert te mis nie!"
"Daardie gesegde "dinamiet kom in klein pakkies voor" is verseker op hierdie dorpie van toepassing! Van die hoofstraat tot anderkant die Swartbergpas kry mens 'n ervaring om elke hoek en draai! Hoogtepunte vir ons was definitief Simple Saffron en The Showroom - albei 'n moet! Dankie Prins Albert dat jy ons soos "royalty" hanteer het! "
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Ons het net oornag en het nie kans gehad om rond te loop nie. Die idee wat ons gekry het is dat dit 'n lekker kuierplek kan wees. Die Saterdag Mark was 'n wenner."
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."
"Lieflike dorp. Kosmopolitaanse gevoel gemeng met platteland. Die koffiewinkel langs Swartberg Hotel het fantastiese diens en kos. "
"Beautiful, peaceful place to stay, enjoying wine and olive estates, art galleries, restaurants."
"Pragtige dorpie met baie historiese en gerestoureerde geboutjies. Het as 'n klein seuntjie laas erwe so groot soos plotte gesien met 'n dam, leivore en 'n eie groente- en vrugtetuin."
"Quiet and nice, small city. It's a good stop if you decide to do the Swartberg pass (and before it visit the huge and beautiful Cango Caves)."
"Die Kokkedoorstoor was vir ons teleurstellend. Ek het gedink dat dit 'n belangrike landmerk in Prins Albert sou wees, dit is egter 'n erg verwaarloosde plek. Wat 'n jammerte, want dit kan as 'n groot toeriste-attraksie bemark word."