Verified Reviews
Ramsgate
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Ramsgate
Rated 4.5 out of 5 based on 200 reviews.
"Ramsgate self is baie klein, maar naby aan Margate en baie winkels vir diegene wat van inkopies hou. Die strande op Ramsgate is goed geleë met veilige parkering en paar plekke om net rustig op die strand te gaan lê."
"Ons hou al die afgelope 6 jaar elke jaar vakansie in Ramsgate en wil nie rêrig na 'n ander area toe gaan nie. Alles is naby en verskeie winkels is beskikbaar."
"Pragtige dorpie. Ons was buite seisoen daar en dit was heerlik rustig. Daar is 'n verskeidenheid restaurante om van te kies."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"Ramsgate was nog altyd 'n aangename vakansiebestemming, en ons sal weer daar gaan vakansie hou."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Die plekkie is klein en daar is uit die aard van die saak nie veel op die dorpie self te doen nie. Dit is egter naby baie ander attraksies, wat dit 'n lekker bestemming maak. Die groot aantal gholfbane in die omgewing maak dit 'n uitstekende bestemming vir gholfspelers wat 'n rondte in die oggend wil gaan speel en die res van die dag saam met die gesin wil deurbring."
"Nie veel om te doen nie, maar die strande is baie skoon en Margate is nie ver daarvan af nie."