Verified Reviews
Rosendal
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Rosendal
Rated 4.4 out of 5 based on 172 reviews.
"Die dorp self is baie lekker. Die mense is baie vriendelik. Lekker eetplekke op Rosendal."
"Incredibly friendly people, beautiful scenery and amazing vegan food in every restaurant. We will be back!"
"Die dorp se strate is meestal onbegaanbaar indien jy nie in 'n 4x4 reis nie. Slegs die hoofstraat is geteer, en alhoewel die meeste klein dorpies grondstrate het, is hierdie vir seker die swakste wat ek al beleef het. Die vrees vir moontlike skade aan my motor se bande en onderstel het die rustigheid van die wegbreek heeltemal oorskadu. Ongelukkig was die ligging van die cottage van so 'n aard dat ek die slegste van die grondstrate moes beleef. Dieselfde geld vir 'n paar van die restaurante ook. Ek sou ook voorstel dat voornemende gaste aanbeveel word om enige selfsorgproviand in Clarens of Senekal te koop. Die enigste algemene handelaar, asook die winkeltjie by die petrolstasie, was teen middag op Saterdag gesluit. Om nie onnodig die rowwe strate aan te durf nie om by die restaurant te gaan eet nie, het ek dus eerder aandete oorgeslaan en is ek vroeg die volgende oggend Clarens toe."
"Dit was lekker maar mense moet besef dit is 'n baie stil plek. So daar is nie regtig "toeriste" goed nie. Die mooi berge en rustigheid was heerlik. Maar daar is net een kunsgalery en ons was by 3 restaurante - veral Oppiedam was besonders. So mens gaan soontoe om te rus. Ongelukkig is die paaie in die omgewing bitter swak en 'n nagmerrie. So rondry in die omgewing (Fouriesburg) en Ficksburg toe was nogal 'n uitdaging. Dit is 'n heerlike plek om te gaan rus, boek te lees en in dorpie rond te loop. Nie regtig staproetes wat ons kon agterkom nie."
"Paaie wat na Rosendal lei is in 'n baie swak toestand. Daar is slegs een winkel in die dorpie."
"Dis regtig 'n pragtige dorpie, mooiste kerkgebou en die rustigheid was wonderlik. Ons het Mila en haar donkies baie geniet en heerlik geëet by Benjamins. Jammer dat mooi plekke soos Turksvy Trading nie meer bestaan nie, en dat die dorp nie groei toon nie."
"Wonderlik en rustig. Die dorpie is beeldskoon en goed onderhou. Almal is gasvry en dit voel soos rus vir die siel."
"Die pad na Rosendal (en selfs in Rosendal) is nie in 'n goeie toestand nie. Ry versigtig en maak seker jy neem alles wat jy benodig vir selfsorg saam."