Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 702 reviews.
"Nie lekker om te sien hoe Sabie agteruitgaan nie. Van 2004 wat ons soontoe gaan is daar duidelike agteruitgang."
"Om Sabie toe te gaan vir net die watervalle is nie die moeite werd nie. Van die paaie soontoe en terug is in die haglikste toestande en dan moet jy vir die watervalle tot R45 pp. betaal. Maar as jy nog nooit in die omtrek was nie, gaan doen dit gerus."
"Ons het net deur Sabie gery, nie gestop nie, maar baie nuwe eetplekke en dinge wat aanloklik gelyk het!"
"Die pad na Hazyview is beskadig en dus kan mens nie so om ry nie. Sabie se fietsryroetes is topgehalte - Trailworx weet wat hul doen."
"Hartseer om te sien hoe kleindorpies agteruitgaan. Die omgewing is baie mooi."
"Die tuine word deeglik onderhou. Daar is 'n lekker groot swembad en jy is maar 3 km vanaf Sabie."
"Baie mooi area, maar die dorp lyk verwaarloos. Paaie baie sleg veral na die watervalle in die nabye omgewing."
"Pragtig en sentraal geleë om regtige mooi plekke te besigtig soos God's Window, Graskop Gorge, Pelgrimsrus."
"Town needs some upgrading seeing as it is a popular tourist destination."
"Van die watervalle se ingangsfooie is belaglik as jy vat hoe vuil die toilette is en dat daar amper nooit water was nie."
"Dit is lekker sentraal geleë tussen plekke wat mens deur die dag kan besoek en daar is baie waarmee jy jou kan besig hou."
"We visited all the tourist attractions with family that was out from the UK."
"Die dorp/besigheidsgebied was skoon. 'n Ideale oornag destinasie na KNP en Mpumalanga Laeveld. Pad na Haziview kan mense ontmoedig om in Sabie te oornag oppad na KNP. Oogmerk is om 'n gemaklike/vinnige roete na KNP te hê om sodoende vroeg by die park se toegangshekke te wees (Phabeni en Kruger hekke). Roete tussen Sabie en Hazyview moet spoedig herstel en oopgemaak word."
"I would recommend not going there for a weekend. It needs you to take at least a week."
"Sabie het verval, ons het die 3 watervalle besoek en die paaie na die watervalle is baie sleg. Dit gee nie 'n goeie beeld van ons mooi land nie."
"Ons was verras dat Sabie weer teruggekeer het na die skoon vriendelike dorpie van ons jonger dae. Ons was daar kort voor Covid en die dorpie wat ons toe begroet het was vuil en hartseer. Dit is nou 'n baie mooier een!"