Verified Reviews
Sabie
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sabie
Rated 4.4 out of 5 based on 488 reviews.
"Baie mooi toeriste dorpie, nie te ver van die Kruger Nasionale Park nie. Daar is baie besienswaardighede in die omgewing."
"Pragtige omgewing. 'n Paradys met die motorfiets. Ons geniet die paaie en natuurskoon geweldig."
"Ek kan nie dink Sabie was die dorp van die jaar 2012. Tot nou toe het die dorp baie agteruit gegaan."
"Kuier gereeld by, in en om Sabie, sedert 1995. Bly nog steeds 'n wonderlike vakansie bestemming, veral vir ons wat motorfiets ry, stap en bosse besoek."
"Die dorpie Sabie is ryk aan geskiedenis met pragtige natuurskoon (maar iets sal gedoen moet word aan die swak paaie na die watervalle)."
"Sabie sal iets moet doen aan die slaggate in die sekondêre paaie. Sabie moet tog nie dieselfde pad stap as wat in Pelgrimsrus gebeur nie. Toeriste wil graag Sabie besoek!"
"Sabie is 'n pragtige klein dorpie, maar het baie agteruit gegaan. Die Sabiewaterval is besoedel en ruik onaangenaam. Ons was baie teleurgesteld."
"Hoop en glo dat al daai winkeltjies weer eendag sal oopmaak, maar Sabie bly tops vir my."
"Sabie is "tops!" Aangename klimaat, ideaal vir die voëlliefhebber en die dele ongerepte natuur wat bewaar word, is rus vir die siel! Pragtig! "
"Pragtige natuurskoon in Sabie en omgewing maak 'n besoek aan hierdie deel van ons land beslis die moeite werd. Volgens my is die Drie Rodawels die heel mooiste plek in ons land. Dit is asemrowend."
"Thank you so much for your hospitality, friendliness and warm welcome towards your guests."
"Dorpie self is maar vervalle maar die besienswaardighede is die moeite werd."
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."