Verified Reviews
Sasolburg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sasolburg
Rated 3.3 out of 5 based on 40 reviews.
"Ons was slegs in Sasolburg, omdat die hokkie toernooi daar was. Sal nie daar vakansie hou nie. Paaie het baie slaggate en moet party plekke langs die pad ry om dit te vermy."
"Ek was net vir 'n dag in Sasolburg en sal graag wil in die toekoms die dorp en sy besienswaardighede beter leer ken."
"Sasolburg, die dorp self, kon ons nie self beleef nie aangesien ons daar was om 'n troue by te woon by Duck Point, maar dit wat ons van die dorp beleef het, kan daar definitief meer aandag gegee word aan netheid van die sypaadjies en paaie, soos 'n mens deur die dorp ry. Vaalpark is rustig, kalm en tegemoedkomend. Kos vir die siel."
"Sasolburg is maar 'n industriële gebied en kan maar verwag dat dit nie 'n toeristemekka kan wees nie. Paaie kort baie aandag soos met meeste gebiede."
"Ek dink nie Sasolburg is 'n toeristebestemming nie, alhoewel daar mooi vakansieplekke langs die rivier is."
"Ek was slegs in Sasolburg op besigheidreis, die paaie is nie in 'n puik toestand nie, so mens moet definitief mooi kyk waar jy ry en versigtig ry. Alles is binne bereik en geen ander klagtes."
"Sasolburg se winkelsentrums is so netjies en mooi! Parys is nie te ver van daar af nie en sodoende kan mens maklik dagbesoeke vanaf Sasolburg na ander plekke doen!"
"It was very sad to see how the roads have deteriorated and the number of potholes on the highway."
"Ons familie bly in Sasolburg so ek kan nie eintlik kommentaar lewer nie, was maar net daar vir 'n begrafnis. Ons bly vêr daarvandaan, maar wat ek gesien het is die dorpie mooi skoon maar soos orals is die paaie in 'n slegte toestand."
"Sasolburg is not a place I would normally visit this was where my hobby took me, but different stroke for different folks, it was very pleasant none the less."
"Great place to get out of the busy cities, nice and accommodating."
"As 'n oud inwoner van Sasolburg, is dit vir my teleurstellend om weer die dorp te besoek, en die agteruitgang te gewaar. Glad nie ideaal as toeristebestemming nie! As dit nie was dat ons besigheid moes doen in Sasolburg nie, sou ons beslis elders gaan inboek het."