Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Dit is een van die lekkerste strande waar ek nog gekuier het. Als is daar."
"Uvongo is beautiful. Owners of holiday units need to personally ensure that their units are in a condition worth the money they charge."
"The area is beautiful and quiet. Perfect for people who do not want to get caught up in the crowds in places like Margate."
St Michael's-on-Sea, South Coast
La Carona 3"Die hoogseisoen in Desember is nie die ideale tyd om te gaan as jy stilte soek nie. Die swemstrand was oorval deur mense op tweede Kersdag en hulle het die plek bemors. Die verkeer aan die Suidkus is ook baie besig in Desember en mens kan skaars winkels toe gaan."
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
St Michael's-on-Sea, South Coast
Sand Castle 14"Kan dalk waaiers in kamer sit. Waarsku die mense van die geraas oor die nuwe jaar se tydperk, met al die mense wat aangery word om strand toe te kom, wat drankbottels stukkend gooi teen die mure."
"Geen wegneemeetplekke na 1800. Bottelstore maak teen 17:30 toe. Kwaliteit restaurante bestaan nie."
"Die plek gaan agteruit wat netheid betref - die strate was vol papiere. Vol punte aan die polisie en sekuriteits-instellings. Hulle was heeltyd sigbaar en aktief besig."
"Baie lekker toerismebestemming, behalwe sommige strande regtig oorvol en nuwejaar was Uvongo se verkeer verskriklik besig gewees."
"Die area beskik oor genoeg winkels maar die verkeer is aaklig. Die verkeersligte is 'n gemors."
"Baie skoon en veilige omgewing. Naby winkels en daar is genoeg strande naby mekaar om van te kies. Sal dit aanbeveel vir 'n gesin/vriende/groot groep mense. "
"Uvongo is 'n spesiale klein dorpie met weggesteekte strandjies hier en daar waar mens ook lekker op die rotse kan gaan klim en klouter. Rondom Uvongo is daar ook heelwat dinge om te doen en plekkies om te besoek. Dit is net ongelooflik besig oor die Feesseisoen."
"Uvongo het my verbaas, baie lekker plek en strand. Die Pavilion restaurant se kos en cocktails - baie lekker en dan moet nie van The View restaurant se kos en R&R jugs vergeet nie."
"Strand is netjies en was nooit oor vol nie. Aktiwiteite soos kanoritte, glybaan en eetplekke het dit wonderlik as bestemming gemaak."
"Definitely one of the best locations in the south coast with beautiful beaches."