Verified Reviews
South Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in South Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 4893 reviews.
"Great area with unique natural attractions and beautiful scenery and environment."
"Lekker naby, en skoon strand gewees, het elke dag gaan stap met die kinders en ongelukkig kon ons nou nie swem in die see nie, maar andersins was dit lekker gewees."
"Margate en omgewing is pragtig en fantasties. Hartseer wat Covid aan besighede doen. Ongelukkig het ons met Covid teruggekom. Maar niemand te blameer daarvoor nie, want ons het baie rondgery."
"Ons was baie beïndruk na al die negatiewe kommentaar wat ons ontvang het oor Margate."
"Pennington se strate is in 'n benarde toestand. Pennington self is skoon en mens voel lus om 'n ruk daar te kuier. Dit was wonderlik om te sien hoe die mense stap of fiets ry. Kyle se kos by die Ski Club met sy diere-vriendelike fasiliteit en pragtige uitsig het ons ’n paar maal teruggelok! Ons het ook baie lekker kos met kaaskoek geniet as wegneemete by die Kiosk. (Diere word nie, toegelaat nie maar indien mens vooraf reëlings tref, is daar genoeg plekke wat wel diere toelaat.) Hopelik is die strande oop vir ons volgende besoek. Die gemeenskap kan met rede trots wees op hul dorp. Bravo!"
"Met die pensioendae was die SuperSpar baie gepak wat seker slegs nou met Covid 'n probleem was omdat jy nie in 'n besige winkel wil wees, maar glo as daar nie 'n pandemie is sal dit seker nie 'n probleem wees. Gelukkig is dit nie vêr om te gaan na Orbi Gorge en so ook Crocworld, so ons het die uitstappies geniet wat ook in oop lug was en nie in toe geboue."
"Lieflike kusdorpie, ideaal geleë naby Margate en Ramgate en Southbroom met hul lieflike strande is ook nie te ver nie."
"Weens Covid-regulasies kon ons nie na die swemstrand faan nie. Hibberdene het alles wat nodig is, maar gerieflike aankope van goeie gehalte is beter by Port Shepston."
"Was lekker om bietjie meer aan die buitewyk te bly waar dit stiller is, en tog te weet alle noodsaaklikhede is naby genoeg."