Verified Reviews
St Helena Bay
All reviews have been left by TravelGround customers staying in St Helena Bay
Rated 4.5 out of 5 based on 1165 reviews.
"St. Helena is a great escape from the hustle and bustle of the town, I love the small town feel and the fact that it is not so far from Cape Town."
"Die baai is klein en 'n aangename plekkie om te besoek. Ons het 'n lieflike "steak" geëet by JP's Pub and Grill. Die restaurant lyk onbenullig van binne en is eenvoudig binne met 'n lieflike kaggel maar die kos was voorwaar uitstekend voorberei en presies volgens versoek voorberei. Langs JP's grill is 'n Deli met verskeie snuisterye en heerlike gebak. Die Palm is naby geleë en verskaf 'n lieflike ete met 'n mooi uitsig oor die see en hawe. Daar is ook 'n winkel of twee waar mens kan gaan kyk vir iets meer uniek wat met die hand gemaak is soos byvoorbeeld kunswerke en kerse. Hannas Bay is so 60 km weg van Piketberg waar mens gerus die Versfeldberpas kan gaan uitry. Die pas is besonders en verskaf 'n lieflike uitsig oor die vlakte benede die pas. "
"Die huidige ontwikkeling sal 'n groot impak hê op die rustigheid van die omgewing. Dit is 'n pragtige plek. "
Britannica Heights, St Helena Bay
Journey's End"The view is stunning and we had a true West Coast experience. Friendly people and the community is so supportive. The secluded area we stayed in gave us the rest and tranquility we desired. I love it and will be back soon."
Britannica Heights, St Helena Bay
Journey's End"Vriendelike mense en waarde vir jou geld. Baie rustig en mooi."
"Die Spar is 'n groot pluspunt vir die omgewing en die personeel was baie vriendelik met ons besoek."
"As jy wil wegkom van die gejaag en eise van die lewe in die stad is dit net die plekkie om heen te vlug!"
"A peaceful and healing little corner of the world. The perfect escape, with nothing to do but enjoy."
"Quiet, quaint, no traffic or shopping malls to drive you mad, just the place to unwind but close enough to Vredenburg if you need to shop."
"Nog ontwikkeling nodig, met winkels baie beperk (moes Vredenburg toe ry vir 'n swembroek). Maar as jy stilte soek is dit ideaal."
"Pragtig. Die plek sal my verseker weer sien. Wind waai soms erg, maar dis alles die moeite werd!"
Britannica Heights, St Helena Bay
Journey's End"Ek het gehou van die ligging. Baie mooi uitsig, stil en rustig, veral in die aande. Dit is wat ons stadsjapies nodig het om weg te breek van die besige lewe."
"Pragtige plek wat baie uitgebrei het. Ons het 'n 3 nag sessie bespreek in die Bon Hotel vir Desember 2015."