Verified Reviews
Stanford
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Stanford
Rated 4.6 out of 5 based on 220 reviews.
"Stanford is 'n pragtige en interessante dorp, die mense vriendelik en dis sommer net 'n lekker plek om op te gaan vakansie hou. Dis sentraal en 'n goeie basis waarvandaan mens die res van die omgewing kan verken."
"Stanford is a hidden gem there are great restaurants and attractions. It is close to Hermanus so you can enjoy the beach and those attractions as well."
"Pleasant location in proximity to De Kelders (whale watching), Gansbaai and Hermanus (shops & restaurants)."
"Pragtige klein dorpie met baie besienswaardighede. Ongelukkig is van die restaurante in die wintermaande gesluit, maar daar is steeds baie eetplekke en winkeltjies om te besoek. Stanford het selfs 'n lieflike markie elke Saterdag op die stoep van die Stanford Hotel. Net buite die dorp is daar talle wynplase, 'n brouery en selfs twee kaasmakerye waarby mens ure kan omsit en ietsie eet en drink. Lieflike bestemming!"
"Die Walvisroete is baie naby, dit is 'n baie klein plekkie, maar die perfekte wegbreek vir rustigheid."
"Ons het Stanford en omliggende venues soos Springfontein, Spookhuis, Kleinrivier kaas, Birkenhead Brewery, Ou Meul Bakkery, Stanford Markie, Kunsgalerye baie geniet, asook wynproeë."
"Dit is die eerste keer wat ons daar bly en wat 'n nice en oulike dorpie is dit nie, met 'n baie lekker vibe. Dit is nogals 'n besige dorpie wat vir my sê mense besoek graag vir Stanford. Daar was die Vrydagaand 'n klein, maar heerlike markie op die plein, met 'n heerlike gees en atmosfeer. Ons sal definitief weer Stanford besoek sodat ons die ander besienswaardighede/plekke waarby ons nie uitgekom het nie ook kan besoek. Ons was daar vir 'n troue by Beloftebos so het nie genoeg tyd gehad om oral te besoek wat ons graag wou nie. Panthera Africa was 'n besonderse besoek - uitstekend gewees! Sal ook weer gaan."
"Only complaint is that Don Gelato's gelateria closes at 4pm on a Saturday! So get there early ..."
"Sadly the best or highly recommended restaurants are closed Monday to Thursday."