Verified Reviews
Stellenbosch Central
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Stellenbosch Central
Rated 4.6 out of 5 based on 195 reviews.
Die Boord, Stellenbosch Central
16 Rhodes North Self-Catering Apartments"Netjiese omgewing. Redelik sentraal geleë."
"Baie om te doen en te besigtig, maar parkering is 'n groot probleem. Indien jy wel een kry, betaal jy R12 per uur met kaart, geen kontant word aanvaar nie."
Die Boord, Stellenbosch Central
Rhodes Lodge"Quiet neighbourhood, but nothing special there worth travelling for."
"Stellenbosch het soveel om te bied van kultuur, natuur tot lekker eet en drink. Beter om die dorp te voet te verken so laat jou kar by die gastehuis, want parkering is skraps. Buite dorp is hoogtepunte Dylan Lewis se beeldhouwerk tuin. Delaire Grass, Babylonstoren, Tokara, Peter Falke, Waterford, bied elkeen 'n unieke ervaring. Probeer ook die Grand Ladies soos Meerlust en Kanonkop. "
"Parkering, parkering, parkering! Dit raak by die jaar met die Woordfees 'n toenemende nagmerrie om gerieflik te parkeer naby aan plekke met vertonings/uitstallings. Die probleem is wel verlig deur die beskikbaarheid van die bussies, hoewel dit baie goeie beplanning en mobiliteit vereis om daarby in te skakel. Dit sou ook gehelp het as die Woordfees liewer geskeduleer sou wees vir wanneer die studente met vakansies weg is!"
"Pragtige dorpie, voel soos Europa met al die kuierplekkies en restaurante binne loopafstand. Heerlike plek om te kuier."
"Heerlik. Eetplekke en winkels geniet. Veilig gevoel om rond te stap. Pragtig en skoon."
Die Boord, Stellenbosch Central
Besigheim"Veilig en naby aan hospitaal en groot Spar. Enkele minute se ry na sentraal Stellenbosch. "
"Baie lekker en goeie atmosfeer. Enigste probleem is daar is te veel straatmense wat jou vra vir kos en geld. Dit laat 'n mens bietjie bedreig voel, veral as mens stap."