Verified Reviews
Still Bay East
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Still Bay East
Rated 4.7 out of 5 based on 59 reviews.
"Ons was aangenaam verras met die pragtige omgewing en grootte van die dorp. Ons het 'n paar huisies langs die see verwag maar 'n lewendige, uitgebreide stad gekry met pragtige groot huise, 'n bedrywige besigheidsarea en wonderlike natuurskoon! Gaan kyk gerus, dis pragtig!"
"Dit is die beste vakansie-oord vir my en my gesin. Sal dit enige tyd aanbeveel. Waarde vir jou geld."
"Really quite a number of things to do, and enjoyed that we could walk to certain shops and cafe's."
"Ons het al baie in Stilbaai gebly en ek voel net dat die geriewe van hierdie eenheid opgeknap moet word. Die stort en bad moet vervang word, die beddegoed moet vervang word en die vloer in die eenheid moet vervang word."
"Pragtig met netjiese strand met pragtige rivier wat Stilbaai-Oos van -Wes skei met stil en rustige atmosfeer en baie vriendelike stilbaai inwoners en vakansiegangers."
"Lieflike strand en lagoon. Baie interessante inheemse tuin met inligtingstukke reg voor Osler Place. Weggesteek in die industriële area van Stilbaai Oos, is daar 'n slaghuis met die lekkerste wors."
"Restaurante se kos is nie aanbeveelbaar nie. Die kos is duur en swak kwaliteit. Lappies Restaurant se kos is pateties. Plastiek stoele en outdated. Verder is daar 'n klein ou winkeltjie met ou brood en nie veel meer nie, rakke is leeg."
"Ons is gek oor die dorpie, dit was die eerste keer wat ons in Stilbaai was en gaan beslis weer soontoe. "
"Aangename omgewing. Moet nie die On The Rocks Restuarant mis nie, asook nie 'n stap op die hoofstrand nie."