Verified Reviews
Storms River
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Storms River
Rated 4.7 out of 5 based on 445 reviews.
"Daar is geen groot winkels in die area nie so as jy iets by die huis vergeet het moet jy maar na die naaste grootste dorp ry. Dit is 'n oulike toeristebestemming met oulike winkels en restaurante."
"Daar is nie veel in terme van winkels nie, so jou beplanning moet goed wees."
"Stormsrivier het my voete onder my uitgeslaan! Fantastiese klein dorpie met genoeg doendinge en besienswaardighede om jou lank besig te hou. Netjies en skoon met baie vriendelike mense. Sal weer daar wil kuier. Puik restaurante."
"Baie lekker bestemming vir stap en fietsry. Mooi natuurskoon. Hope om te sien in 'n kort afstand."
"Nuwe restaurant en winkel tans in aanbou gaan 'n groot verskil maak."
"The mouth by boat was the best ever. The climbing of steps to the suspension bridge was a bonus."
"Dit is 'n pragtige omgewing. Heerlike stapplek op die strand en in die bos. 'n Plek om asem te skep en die natuur te geniet. Skilderagtige natuur."
"As jy nog nie in daardie omgewing was nie, beter jy vinnig plan maak. Jy weet nie wat jy mis nie."