Verified Reviews
Struisbaai
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Struisbaai
Rated 4.7 out of 5 based on 962 reviews.
"Pragtige omgewing. Heerlike lang strand vir stapliefhebbers. Lekker warm water, pragtige besienswaardighede soos die Agulhas ligtoring, suidste punt van Afrika, skeepswrak, hawe, Sea Shack restaurant langs die Struisbaai Strand is 'n heerlike gesellige kuierplek vir gesinne, met heerlike vis en skyfies! Beslis 'n moet om te besoek!"
"Lieflike strand en perfek vir gesinne met diere. Redelik sentraal, net 6 km van A'Lagalus en Suiderstrand."
"Ons was aangenaam verras deur Struisbaai! Dit is 'n lekker dorp met iets nuuts om te doen elke dag. Die strand is ongelooflik en het blue tier status - dis silwerskoon en dit kom voor asof verskeie lede van die publiek hulle deel doen om wanneer ook al die geleentheid hom voordoen, gemors op te tel - selfs op die visvangstrand by Struisbaai Plaas. Iets wat ons ongelukkig eers op ons laaste dag ontdek het was die De Mond Nature Reserve wat op 'n grondpad op pad Arniston toe is - die ingang is goedkoop en visvang word toegelaat. Struisbaai het wonderlike restaurante, 'n voldoende inkopiesentrum, baie plekke om te stap - o.a. ongeveer 3 km boardwalk al langs die see - die baai self is 'n stil see en ideaal vir watersport. Die visvangstrand kan maklik bereik word en is naby die dorp. Sal definitief aanbeveel!"
"Dit is een van die mooiste plekke in ons land. Sal vir seker weer Struisbaai besoek vir 'n vakansie en vir seker langer daar vakansie gaan hou."
"Pragtige skoon dorp. Strand gebied skoon en lekker om op te stap. Vriendelike gemeenskap en behulpsaam."
"For anyone who loves the quiet seaside life, reading, fishing and taking things slow, Struisbaai is the place to go. I loved the peace and quiet, not visiting in peak season. If you like history, there is a ton of interesting places to visit to find out about the local history, from Bredasdorp - Struisbaai - L'Aghulas."
"Struisbaai is 'n klein juweel aan die kus. Wonderlike dorp en mense. Sal verseker weer daarheen gaan."