Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Interesting, peaceful town. Beautiful surroundings, especially the countryside when travelling from Matjiesfontein. Well worth a visit, not only for stargazing."
"Sutherland is 'n baie klein dorpie met baie karakter. Raak baie koud in die aande, maar die sterrekyktoere en aktiwiteite maak dit die besoek werd. Plattelandse stilte op sy beste. Hier sal jy rus vir jou siel kry."
"Sommige van die winkeleienaars kan dalk werk aan hulle kliëntediens, veral met SA-toeriste."
"Great place if one is into star gazing and overnight stop one your way to the Tankwa or West Coast."
"Whether Sutherland is an excellent travel destination depends on what you are looking for. It's splendid for those interested in astronomy. I went for Karoo birding. The town still has many old Cape Victorian houses, so a stroll around in good light can make for good photographic opportunities."
"Ons kon nie orals ry a.g.v. die grondpaaie nie. Ons land moet meer begin teerpaaie lê, dis immers 2021. Nie almal besit bakkies/4x4-voertuie nie. Stadsmense hou van die platteland besoek en die paaie is rof op die motors."
"In Sutherland grootgeword so het dit baie geniet. Nie on-realistiese verwagtinge gehad nie."
"Daar sal altyd spasie wees vir uitbreiding. Die dorpie het opknapping nodig. Ons kon die planetarium besoek, maar teleurstellend met Covid, geen toegang gehad na die SALT-teleskoop nie. Sterland-sentrum vir sterrekyk het 'n onverwagte groot getal mense gehad vir 'n Maandagaand. Om en by 50. Dit was insiggewend."
"Besigtiging van die hemelruim was fantasties, maar die dorp self kan aantrekliker gemaak word vir toeriste."
"Sutherland is perfek vir dié wie van die stilte hou, wil sterre kyk sonder enige lugbesoedling asook daardie wie sneeu wil beleef."
"Die sterrrekyk by planetarium was die moeite werd. Aanbieding was uitstekend."
"Quality food at Die Meule restaurant & star gazing at Sterland was educational, fun & amazing."
"Het die Boorgat-restaurant baie geniet. Die Planatrium was nie 'n unieke of wow ervaring gewees nie."
"Sutherland is 'n gasvrye, skoon dorp, maklik bereikbaar met 'n goeie teerpad vanaf Matjiesfontein. 'n Besoek, op afspraak, aan die NG Kerkgebou, is regtig interessant, onder leiding van Darius. Vra by enige gastehuis, hulle sal sy kontaknommer kan verstrek. Ongelukkig was ons baie teleurgesteld met die dorp se Stargazing-program, omdat ons onder die indruk was dat die gehalte van die teleskoopbeelde baie beter sou wees. Die aanbieder klink goed ingelig, maar die toerusting tot sy beskikking skiet regtig tekort. Besoekers word ook nie toegelaat by die planetarium buite die dorp nie, wat net eenvoudig onaanvaarbaar is. Sutherland is immers sinoniem met sterrekyk, en daarvan was daar nie regtig sprake nie, is ek jammer om te sê."
"Vir die klein koue plek is daar genoeg om te doen en te sien vir 'n dag. Die inwoners se harte is warm. Ons gaan gewis weer daarheen wanneer SALT weer open vir toeriste."
"'n Baie rustige dorpie, 'n jammer die restaurant se diens is nie op standaard nie, die groot teleskoop was toe op die berg, maar die sneeu het opgemaak daarvoor. Dit was prentjiemooi."