Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie."
"Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk. "
"Sterre en nogmaals sterre! Doen en kyk als oor die sterre. Gemaklik om oral heen te loop en te verken!"
"Alles is baie nice in Sutherland, voel of die tyd stilgestaan het. Net die ontvangsdame by die sterrewagsentrum is vrek ongeskik gewees. Sal niemand soontoe aanbeveel nie."
"SALT besoek was fantasties en Stargazing by Sterland werklik 'n ondervinding wat ons vreeslik geniet het. "
"Boek gerus by oom Jurg 'n sterrekykaand, 'n begeleide SALT toer en moenie vergeet om te bespreek vir aandete by die verskeie opsies in die dorp nie! Namakwaland se mense is vriendelik en jy sal baat vind om stil te staan en mense se stories te hoor. "
"Die eerste dorp waar ek kom met 3 bottelstore en geen apteek. Dalk moet die 1 bottelstoor medisyne begin aanhou."
"Sutherland was nog altyd 'n dorpie wat op my bucket lysie was. Ons het wel die ligte hittegolf gevang toe ons daar was, so sal weer terugkom vir die ysige koue en sal definitief weer julle sterre kom besigtig by Jurg."
"Die eenvoud en die niks is baie lekker. Die Karoo het die vermoë om jou siel weer sag te maak en laat rus. Dis beter as enige ander terapie."
"SALT se begeleide toer 'n moet. Planetarium in die dorp 'n baie lekker ervaring. Hoop toerisme hou hierdie dorpie so aan die gang. "
"Indien jy wil sterre kyk, maak seker die weersomstandighede is gunstig (oop hemel natuurlik, maar as humiditeit te hoog is maak hulle nie die lense oop nie al is die hemel oop). Die dorpie is nog onskuldig en ouwêrelds."