Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Ek dink daar kan meer gedoen word om hul sterre kyk uit te brei, ons het op 'n Donderdag oorgeslaap en toe was daar geen persoon of die SAAO oop om dit aan te bied nie. Gelukkig het ons reggekom by iemand wat ons gevat het op sy plaas en 'n wonderlike uur en 'n half gehad het met sy kennis en teleskoop."
"Uitstekende bestemming om sterre, planete en die maan te sien! Ons het so baie geleer!"
"Ek sal volgende keer meer tyd in Sutherland spandeer en nie slegs as oorslaapbestemming gebruik nie. "
"Die dorpie het nie die 'mod-cons' wat die tieners deesdae soek nie, maar die rustigheid het my seun goed gepas. Hy kon lees, sterre kyk en slaap net wanner hy wou. Die mense is gasvry en vriendelik en die Blue Moon se pannekoek is fantasties."
"'n Moet om ten minste een keer in jou lewe Sutherland te besoek. Die hemelruim in die aand is onbeskryflik mooi met sterre wat lyk of jy dit met die hand kan pluk. Onthou om vooraf toere na die sterrewag en ook vir sterrekyk te bespreek veral gedurende skoolvakansies. Daar is 'n aantal bergpasse (grondpaaie) in die omgewing wat beslis gery moet word. Maak net seker van die toestand van die paaie voor jy vertrek."
"Die toegangspad vanaf Calvinia kan en moet beslis geteer word. Ek kan my nie indink hoe pasiënte wat tussen die twee dorpe vervoer moet word voel nie. Dit sal ook besoek aan Sutherland vergemaklik."
"Sutherland is 'n merkwaardige dorpie met pragtige uitsigte van die ongerepte natuur wat dit omhels. Die mense is ontsettend beleefd en gaaf; dit het gevoel asof ons al ons hele lewe lank daar bly. As toeriste bestemming is dit perfek vir natuurliefhebbers en natuurlik die astronome wat hulself met sterre wil gaan wys maak. Die dorpie self bied outydse argitektuur aan wat mens kan bewonder. Dit is die perfekte plek om te ontspan weg van die stad se gedruis met 'n glasie wyn, goeie geselskap en 'n warm vuurtjie."
"Almal gaan na Sutherland om sterre te gaan kyk. Dit is iets besonders om te sien. Nie te ver van Matjiesfontein om vir die dag deur te ry en daar te gaan kuier. Moet bereid wees om bietjie grond pad te ry afhangende van waarvandaan jy in die dorpie in kom. Dorpie is ook ook ryk aan geskiedenis wat nie misgeloop kan word nie."
"Wat 'n wonderlike en rustige Karoodorpie! Ons sal enige tyd weer teruggaan. En om die sterre daar te sien is die mooiste op aarde!"
"Pragtige, skoon dorpie! Gastehuise en eetplekke te kies en te keur. Die sterrewag, die lesing oor sterre en planete by Jurg Wagener,die skoon lug en ongelooflike helder sterrehemel, het dit n onvergeetlike ondervinding gemaak. Die rit oor die Oubergpas is 'n moet! "
"'n Moet om te besoek, en maak seker dis meer as net een dag. Jurg die "sterkundige" is 'n belewenis!"
"Vriendelike mense. Die Blue Moon is beslis 'n plek om by te eet, enige tyd. Te lekker."
"Besoekers moet dalk net vooraf ingelig word as hulle besienswaardighede, soos bv. die Louw-huis wil besoek om vroedtydig te skakel vir 'n afspraak. Trienie by die ou NG-kerk het baie moeite gedoen met haar inligting en dit is beslis 'n besoek werd. Sou graag meer tyd in Sutherland wou gehad het."
"We specifically visited Sutherland to view the SAAO. The tour guide (at the SAAO) was excellent. The site is a credit to SA."
"Aandete in die hotel was uit die boonste rakke, lanklaas so heerlik geëet en die mense was besonder gaaf en vriendelik. Ons besoek aan die SALT en die nagbesoek aan die teleskope om na die hemelruim en sterre te kyk was 'n besonder aangename ondervinding en dit is werklik iets wat elke mens behoort te doen en sien."
"Mens rus daar. Doen oom Jurg se sterrekyk, asook die groot SALT teleskoop. Daar is baie oulike eetplekke. Dink nie dis 'n plek vir kinders nie."
"Definitief die moeite werd om te besoek, SALT-teleskoop, Jurg se Stargazing, stap in die veld en bietjie verveeld wees, so lekker."