Verified Reviews
Sutherland
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Sutherland
Rated 4.4 out of 5 based on 942 reviews.
"Just make sure of the road you use to get there! The gravel road was unexpected, but we made it!"
"Mooi en klein dorpie. Net jammer daar is nie iets anders as SALT om te sien en doen nie."
"Dorp was skoon en veilig. Die OK-winkelsentrum was 'n verrassing met als wat jy kon aan dink beskikbaar. Nie nodig om enige kruideniersware saam te neem nie."
"Baie spesiale plek om te beleef, maar nie vakansiedorp nie. As jy nog nie daar was nie, gaan kyk en beleef maar in die somer."
"Sutherland, vir ons, was 'n bestemming om sterre te kom kyk. Dit het daardie behoefte aangespreek."
"Almal in daardie dorpie is vriendelik en hulpvaardig. Ons het so tuis gevoel. Sterrekyk by Jurg is n moet, dit was 'n fantastiese ondervinding."
"Sutherland is a hidden gem. The town is clean and functional. The Large Telescope tour is a must for any visitor."
"Pragtige dorpie. Mooi skoon, paaie is in goeie toestand. Lieflike berge en uitsigte!"
"Weens 'n hewige haelstorm kon ons nie die aand stargazing doen nie, maar het nietemin die omgewing en besienswaardighede geniet."
"Dit was 'n voorreg om Sutherland af te tick van ons bucket list. SALT was ongelooflik. Stargazing saam met Jurg was 'n goeie ervaring. Ek sal beide aanbeveel."
"Wegbreek van die stad, regte Karoo-dorp waar jy weer kan asem skep en naby die natuur (en helderste sterre) kan wees. Hoogs aanbeveel vir almal."
"Daar is nie veel anders om te doen as stêrre kyk en skaapvleis eet nie. Maar as dit is wat jy geniet is Sutherland vir jou. Dit is 'n belewenis gewees en sal defnitief dit aanbeveel om tenminste een keer te doen. In die somer was die dae warm maar nie ondraaglik nie en die aande heerlik koud"
"Pragtige ou huise met lieflike tuine. Weet nie hoe inwoners regkry om sulke welige tuine aan die gang te hou in droë klimaat nie. SALT was ongelooflik interessant. Hoogtepunt vir ons was besoek aan Jurg by Sterland. Honderde sterre bo jou kop, die stilte; sal dit nooit vergeet nie."