Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 607 reviews.
"Dis die moeite werd om Tulbagh en die vallei te besoek. Pragtige omgewing en heerlike wyn."
"Ons het nie geweet Kerkstraat is so vol interessante plekkies nie. Parkeer jou kar en stap die dorp plat, die locals is vriendelik. Die gemeenskapsgroentetuin is 'n baie oulike projek waarvandaan die gastehuise ens. vars groente aankoop. Baie goeie idee!"
"Ons is mal oor Tulbagh! Dis altyd mooi en lekker om daarheen te gaan en die mense is so vriendelik."
"Tulbagh is 'n baie mooi dorpie met baie oulike plekke om te besoek, maar nie baie opsies vir mense met peuters nie."
"Pragtige omgewing. Die mense met wie ons te doen gekry het, was almal baie vriendelik en hulpvaardig."
"First time visiting Tulbagh and it exceeded our expectations. It is an ideal area for a relaxing weekend away, with mountains all around."
"Ons is self van 'n gastehuis en is van mening dat ons oorsese gaste meer aangemoedig moet word om Tulbagh te besoek. Dit is nie baie ver vanaf Kaapstad/Gordonsbaai en akkommodasie in die omgewing is te kus en te keur. "
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Tulbagh is stil en rustig en Kerkstraat is prentjiemooi met al sy historiese geboue. Sal beslis weer teruggaan."
"Besoekers aan Tulbagh moet kennis dra daarvan dat goeie winkels op Tulbagh maar skraps is."
"Tulbach is 'n baie mooi dorp, pragtige ou Kaapse boustyle, paddagang met winkel en restaurante moeite werd om te besoek. "
"Tulbagh is 'n pragtige plattelandse dorpie, met genoeg buitemuurse aktiwiteite om ons tevrede te stel, bv. perdry, bergklim, stap. En moenie vergeet van al die mooi omliggende wynplase waar mens kan wynproe en selfs eet ook by sommiges. Ons gunsteling dorpie en net 'n uur uit die stad."