Verified Reviews
Umdloti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Umdloti
Rated 4.6 out of 5 based on 364 reviews.
"Umdloti is an underrated area, but is truly a beautiful place for the beach lovers with perfect lagoon like spots which allows for a great swim! Perfect for the family, trip away for friends or a romantic getaway for lovers. "
"Dis ‘n heerlik rustige dorpie, solank mens na alles kan stap. Alle basiese goedere is beskikbaar. Baie naby aan lughawe."
"Tussen die besige Umhlanga en Ballito. Pragtig deel en direk op die strand verblyf. See en strand is skoon. En lekker veilige stap pad. Klein winkel sentrum vir die nodige en great restaurante. Naby lughawe. "
"Lekker sentraal om Durban en omgewing te gaan verken en baie lekker eetplekke om van te kies."
"Enigste teleurstelling was die feit dat visvang verbode is op meeste van die areas in Umdloti."
"Mooi strand met lang afstande om te loop langs die see. Weg van die groot gejaag."
"Klein, rustig met restaurante en 'n Spar en ook naby aan Umhlanga."
"Ek hou van die feit dat dit 'n klein dorpie is, maar naby die stad as mens afleiding wil hê. Meeste plekke het ongelooflike mooi see-uitsigte en is naby die strand. Meeste komplekse is egter verouderd en het make-overs nodig. Parkering is 'n probleem, maar meeste plekke is binne loopafstand."
"Fantastiese mooi strand en netjiese, veilige omgewing. Beste weer en lekker swemplek met mooi rotse en baie plek om te stap en goeie restaurante."
"Te min restaurante. Die restaurant bo-op die garage is buitensporig duur en die kos glad nie goed nie. Ons sal weer Umdloti besoek."
"Awesome vakansie destination, lekker swemstrande, skoon water en baie lekker eetplekke wat bekostigbaar is."
"Die strande raak al hoe besiger oor naweke. Maak maar seker jy is vroeg op die strand om 'n lekker plek te kry. "
"Die vakansiedorp is baie goed geleë, naby groot winkelsentrums en die lughawe. Dis tog klein genoeg om verwyder te wees van die stadsgewoel."
"Baie moeilik om parkering te kry in die dorp, maar dit hou wel baie van die dagbesoekers weg. Heerlike, veilige getypoel vir klein kinders."
"Ek sal net wil voorstel dat die eienaar 'n bietjie groter TV in die slaapkamer insit. Verder was alles top gehalte."
"Umdloti is 'n klein vakansieoord wat voorsiening maak vir basiese benodighede. Suid-strand bied swemgeleenthede met branders terwyl die noord-strand 'n goeie getypoel het. Sekere gedeeltes van strand het nogal baie gruis klippies wat kaalvoetloop ongemaklik maak. Die onlangse oorstromings en stormweer het nogal baie skade aan die noordstrand-gedeelte veroorsaak en daar word tans baie restourasiewerk gedoen. Hopelik sal dit binnekort afgehandel wees. Die groot sandsakke wat gebruik word, is nogal onooglik."