Verified Reviews
Umdloti
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Umdloti
Rated 4.6 out of 5 based on 364 reviews.
"Dit was ons eerste besoek aan Umdloti, dit was heerlik en pragtig. Die getypoel gee 'n heerlike swem ervaring, want die golwe is rustiger en daar is nie so baie seestrome nie. Die strande is egter net baie gepak oor naweke, wat mens so bietjie benoud laat voel. Verder is dit 'n heerlike plek wat ons enige tyd sal aanbeveel."
"Umdloti stadsraad kan gerus die sypaadjies skoon sny. Die plavleisel word toegegroei deur die plante. Hulle kan gerus gaan leer by Umhlanga. Hulle los ook die vullissakke vir dae langs die pad."
"Umdloti kan besig raak en daar is nie baie parkeering nie. Sorg maar dat julle lekker vroeg op die strand is. Ook 'n baie mooi Spar op die dorp maar sukkel ook om parkeering te kry om in te gaan. Baie lekker swem strand veral vir kinders. Het die baie geniet."
"Drie aande na 11 was daar tradisionele Afrika-doop op die strand met diereslagoffers beoefen. Dit was ontstellend om te sien."
"Lekker veilige swemgebied. Strand, rotse, looppaadjies en restaurante. Alles wat 'n mens verwag van 'n vakansie by die see."
"Lekker klein - dit het net die basiese. Die strande is perfek vir klein kindertjies."
"Veilige omgewing naby aan die lughawe. Net nie ’n lekker swemstrand nie maar daar is wel ’n getypoel."
"Winkel, restaurante ens als binne stapafstand! Mooi skoon en veilige village!"
"This is a holiday suburb and very very busy during peak times. The road to the beach and the parking areas are closed to visitors without a "locals pass". Restaurant reservations need to be made 3 or 4 days in advance. The local mall at Ballito, some 12 km away is highly recommended, with good parking, shops etc."
"Sondae raak die strand 'n rasserige gemors met hordes mense en geen parkering. Teen Sondag aand is die strand met rommel bestrooi wat hartseer is. Ons is Maandag oggend weg so kan net hoop al die plastiek is skoon gemaak. Deur die week wonderlik rustig."