Verified Reviews
Umzumbe
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Umzumbe
Rated 4.5 out of 5 based on 42 reviews.
"Nie vir reisigers wat van 'n besige vakansie-vibe hou nie. Geen entertainment en restaurante nie. Lieflike strand."
"Umzumbe het 'n stillerige blouvlag-strand, met 'n getypoel. Net om die hoek van Stiebel Rocks is nog 'n kilometer of meer se ongerepte strand, waar ons bykans die enigste mense was. Dis nie goed vir swem nie, maar ons kon lekker stap en rustig lê en boeklees."
"Baie lekker en skoon strand. Goeie veiligheid. Baie mooi omgewing. Moet egter redelik ver reis om 'n skoon en veilige winkelsentrum en restaurante te vind. Ons het inkopies gedoen by South Coast Mall. Ek sal graag weer by 55 on Manor gaan kuier. Vermy plekke soos South Port en maak seker jy kyk die omringende areas goed uit voor jy daar eet. "
"Baie lekker strand met tidal pool. Dit is so 80 m se loop van die parkering tot op die strand wat baie baie steil is."
"Eerste keer daar en kan nie glo hoe mooi skoon strand dit is en baie rustige omgewing - min verkeer. Rêrig die moeite werd om te besoek."
"Umzumbe is regtig 'n wenner. Stil en mooi. Die see en strand is fantasties. 'n Regte juweel wat versteek is."
"'n Rustige kusdorpie sonder enige winkels, maar tog binne 7 kilometer van Hibberdene af. Dis skoon en netjies, selfs op vakansiedae. Geen toeloop van dagbesoekers nie. Hengelparadys. As jy werklik wil rus is Umzumbe die plek om te wees."
"Finding the venue on the GPS was not easy, however after finding it pure bliss began. We will definitely visit again."
"Baie netjiese omgewing, min geriewe vir toeriste, maar baie rustig en skoon."