Verified Reviews
Upington
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upington
Rated 4.3 out of 5 based on 628 reviews.
"Sal moet teruggaan, want weens die drankverbod, kon ons nie die plaaslike wynkelders besoek nie."
"Baie gerieflike oornagplek op pad na ander bestemmings. Alles is beskikbaar op die dorp."
"Interresante wêreld en dit is die moeite werd om die area te verken. Verskriklik warm in Desember."
"We enjoyed our stay here! A sleepy town with a lot to offer; great restaurants and helpful locals. Great base from where to pan out and visit key spots in the NC."
"Daar is baie om te sien en doen in Upington. Dan stop dit nie net daar nie. Binne 100 km is daar nog meer, soek gerus op. Vir ons, van Red Ox, Sakkie se Arkie, Oranje Rivier Kelders, Bezalel, Keimoes, Ikaya, BI-LO, koffie winkels …. baie plekke om te besoek. Onthou sonroom en 'n hoed."
"Alhoewel ons nie toeriste was nie sal ek Upington aanbeveel vir enige toeris. Mooi dorp en baie aktiwiteite vir 'n toeris."
"Ons het Upington ongelooflik geniet! Ons het by die Red Ox geëet, wat 'n ongelooflike restaurant is! Ek kan River Manor en die Red Ox met groot vrymoedigheid aanbeveel. Dit is vyfster gehalte."
"Die mense is vriendelik in Upington en selfs vreemdes groet vriendelik. Almal praat in my moedertaal. Mense is ook baie hulpvaardig."
"Upington het uitgebrei en 'n besige dorp geword. Die toeris kan meer as 'n dag daar spandeer en 'n verskeidenheid plekke sien en goed doen. 'n Skoon omgewing wat 'n goeie indruk maak."
"Mense is baie vriendelik en mense moet beslis ‘n draai maak by Oranjerivier Cellars"
"Beveel akkommodasie buite Upington aan, maar nie in dorp self nie, dorp se shopping plekke vergelyk goed met groot stede s'n."