Verified Reviews
Upington
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upington
Rated 4.3 out of 5 based on 628 reviews.
"Plek om oor te slaap met goeie winkels en supermarkte. Nie veel om te sien in die dorp self nie."
"Dit is so pragtige dorp, maar die munisipaliteit is pateties met instandhouding van paaie en die strate se name is heeltemal onduidelik."
"Was just passing through, it is not a place I would ordinarily go to for a break."
"Dis ideaal om Upington jou basis te maak en Augrabies, Kakamas ens. vandaar te verken. Ons beveel definitief die restaurant, Die Kerkmuis, in Upington aan."
"Ons gaan in die toekoms weer by Green Kalahari oorbly wanneer ons Namibië besoek."
"Ons gebruik dit vir oorslaap en vars produkte aankoop. Tref my nie as 'n besondere plek nie, maar ons ken dit ook nie goed nie."
"Upington akkommodasie oor die algemeen is redelik duur teenoor meeste ander dele van die land."
"Die enigste groot aktiwiteit wat nog die toerismebedryf aan die gang probeer hou, is Sakkie se Arkie. Hy doen baie moeite asook met die oorsese toeriste wat met die trein daar aankom. Dan is daar net die "Donkie Museum" asook die wynproe by Oranje Rivier kelders. Bezelel Brandewyn Kelder op pad Keimoes toe was besonders. Dit is 'n groot jammerte dat Die Eiland so uiters verval het."
"A suprisingly lovely town on the banks of the Orange River with lots to see in the area."
"Ons tydjie daar was te kort en te besig om werklik die dorp en omgewing te geniet. Ons het wel die plattelandse gasvryheid ervaar."