Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 3215 reviews.
"Small town to stay over. The one restaurant we ate at was amazing. People are friendly and lively."
"Ek is so jammer dat 'n dorpie met soveel potensiaal so erg geraak was deur Covid. Ek hoop dat dit sommer gou weer sal straal. Maar wat my betref is dit steeds die perfekte ligging vir oornagverblyf tussen Kaap en Gauteng."
"Nieu-Bethesda is 'n MOET besoek. Ons was so beïndruk met die pragtige dorpie en sy vriendelike mense en heerlike eetplekkies. 'n Regte oase. Absoluut die moeite werd."
"Die dorp het 'n ryk geskiedenis wat glad nie genoeg bemark of oorgedra word aan mense nie."
"Besoek padstal buite dorp. Deli binne die dorp vir lekkernye en vleisgeregte. Oop op Sondagoggende met terugreis."
"Meer as een restaurant sal gaaf wees, maar die dorpie is mooi en ons vertrou dat meer toeriste dit sal besoek."
"Dit is ons 8ste keer op Nieu-Bethesda en vir seker nie die laaste keer nie. Dit is verblydend om te sien dat die juweel van 'n dorpie steeds van krag tot krag gaan."
"'n Juweel van 'n dorpie wat versteek is tussen die berge. Baie rustige atmosfeer. Nog nooit die Karoo so groen gesien nie!"
"Ek wens net die restuarant was beter. Ons het baie swak diens gekry. Dis bitter vuil daar binne. Onbevoegde kelner en geen beheer. Omdat dit al restaurant is in die dorp moes ons maar daar eet. Kos was maar gemiddeld. "
"Ons het die beste kunsgalery besoek. Net oorkant die straat. Wat 'n vriendelike man."
"Interessante geskiedenis en mooi gerestoureerde huise en teater. Ongelukkig soos meeste dorpe in die land word die infrastruktuur swak onderhou."
"Vosburg is a delightful surprise - it is clean and tidy, peaceful, beautiful big trees provide shade. The people are very friendly - even the sheep and dogs! Didn't have a chance to visit the pub as it was closed, but was keen to meet more locals."
"Dis so 'n interessante dorpie. Ons sal vir seker volgende keer bietjie langer vertoef aangesien ons nie genoeg tyd gehad het om alles te sien nie. Die perde wat vry in die strate loop vroegoggend was so spesiaal! As jy in die dorpie inry voel dit of jy in 'n ander wêreld en tydgleuf ingaan. Dis 'n moet vir almal om hierdie dorpie te besoek! Ons het die lekkerste pizza geëet by Bruno's en Izelle is die vriendelikste en behulpsaamste kelner en kok ooit!"
"Die dorpie is bitter mooi en die restuarante lekkerder as lekker. Ek sal weer daar gaan kuier."
"Vanderkloof is 'n mooi dorpie. Ek was verbaas met hoe skoon die dorp is en die dam is 'n moet-sien. "
"Lovely butchery. Didn't have time to explore further. Easy to drive past Richmond, but think it may be have some hidden treats."
"Very little in terms of shops or facilities in the town so come prepared with whatever you need."
"Definitief 'n dorpie wat besoek moet word. Oulike restaurante. En natuurlik is die Uilhuis 'n belewenis."