Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 427 reviews.
"Uvongo het beslis nie in die 20 jaar wat ons daar was vooruitgegaan nie. Dis jammer om te sien die munisipaliteite doen geen onderhoud op paaie en sypaadjies soos wat moet gedoen word nie. Ons het veral nie naweke in die aande veilig gevoel in die strandareas nie. Daar was partytjies en gedrinkery op parkeerplekke langs die see. Maar dit was skoon en netjies die volgende dag."
"Kan 'n bietjie meer aandag gee aan die netheid en skoonheid van die strate."
"Dis rustig genoeg om vakansie te hou, maar nie te ver van besienswaardighede af nie."
"Dit is ’n heerlike rustige area met ’n lekker swemstrand en ’n paar lekker plekkies om te eet. Ons geniet altyd ’n vakansie in Uvongo."
"Baie lekker plek om vakansie te hou, kon ons seuntjie veilig op die strand besig hou."