Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 1011 reviews.
"Uvongo en omliggende omgewing is baie aangenaam, maar tans is daar 'n probleem met die water (drinkwater en ook see water by omliggende strande). Ons gesin en soveel ander gesinne was geraak deur diaree en naarheid (braking) wat 'n besoek aan die hospitaal verlang het."
"Ons is mal oor Uvongo, ongelukkig altyd die waterprobleem en die strand word soms toegemaak."
"Altyd 'n lekker strand met baie om te doen. Die keer het ons dit ongelukkig sleg ervaar met E.Coli uitbraak op strand wat toe was."
"Strand was gesluit weens E-coli in water. Ons almal was siek vir 3 dae van die water, insluitende kraanwater, en ons was nie ingelig vooraf van waterbeperking nie."
"Uvongo is wonderlik en mooi, maar die maagvirus in die Uvongo-area het ons amper ondergekry. Gelukkig kon ons goed in die woonstel rus."
"Beautiful suburb, but the beach and surrounding areas are extremely polluted and dirty. "
"Uvongostrand was gesluit weens riool in die lagoon wat in see invloei. Was nie aangenaam nie, dus moes ons elke dag na ander strande gaan om te swem."
"Was ongelukkig oor die strand wat toe was weens riool, maar Manaba Beach was gelukkig nie te ver, en ons was soontoe."
"Moet nie in die see swem lanks Laguna La Creta nie. Gaan eerder by die pad af na Lucien Beach. Anderstes is Uvongo 'n okei plek om te bly."
"Uvongo munisipaliteit sal moet werk aan hul interne probleme. Ons hele gesin het weereens gesit met maagprobleme a.g.v. riool in rivier monde."
"Ons het baie siek geword van die water in Uvongo, dink hulle moet vakansiegangers net in kennis stel as hulle so iets ervaar."
"Maak asb. seker voordat jy gaan swem of dit veiling is en die water skoon is. Anders, vind uit waar die "blue flag" strande naby is."
"Ten spyte van die besoedeling agv die lagoon en die rivier was die area en dorp ook skoon gewees. Daar was genoeg ander strande om Uvongo om by te gaan ontspan."
"Net jammer oor die e-coli in die hoofstrand se water wat ons hele gesin siek gemaak het. Manaba strand was 'n beter swemstrand."
"Uitstekende swemstrand en toereikende besighede vir noodsaaklikste benodigdhede."