Verified Reviews
Waterberg
All reviews have been left by TravelGround customers staying in Waterberg
Rated 4.4 out of 5 based on 2618 reviews.
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Vrede in Leeupoort Vakansiedorp"Pasop vir vlakvarke, hulle kan baie gou van baie oulik na ‘n probleem verander."
"Daar is 'n paar mooi plekke wat jy nie weet tensy jy die locals vra. Daar is nie baie info op internet oor die dorp nie."
"Dit is maar baie besig in die dorp, maar is nie nodig om dorp toe te gaan nie, alles is in die oord."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Ifafa 732 Akkommodasie"Dit is die plek as jy wil ontspan en rus. Die wild is volop en kom kuier tydig en ontydig."
"Die dorp Bela-Bela beskik oor al die geriewe wat enige besoeker van die vakansie-oorde naby kan verlang. Inkopiesentrums, banke, restaurante ens. is almal maklik bereikbaar."
Leeupoort Vakansiedorp, Waterberg
Rustig in die Bosveld - Snuifpeul"Baie diere gesien en verskillende voëls (spesies). Sal dit regtig aanbeveel. Hoop net hulle kry gou reën, want dit was regtig baie droog."
"Op die oog af lyk dit maar nie soos 'n plek wat ek 'n toeriste-dorp sou noem nie. Die dorp is wel omring deur hope gasteplase en wildsplase en die omgewing is pure Bosveld, so enigiemand wat daarvan hou dink ek het hope opsies in die omgewing vir wat ek dink lekker verblyf-opsies sal wees."
"Pragtige dorpie wat alles bied wat jy nodig het vir 'n lekker vakansie."
"Ons as gesin is lief daarvoor om Bela-Bela te besoek en het familie ook daar. Die lekkerste plekkie om te gaan eet by bly steeds Peet se Padstal. "
"Die dorp is relatief skoon afgesien van al die mense wat deur die dorp beweeg. Die winkelsentrums is ook baie maklik bereikbaar en glad nie te duur nie. Ons was egter op die einde van die maand hier en die OTM'e was stampvol wat nogal 'n pyn in die patat was, maar dis te verstane aangesien dit die end van die maand was en die dorpie duisende mense huisves."