Verified Reviews
West Beach
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Beach
Rated 4.5 out of 5 based on 39 reviews.
"West beach is very safe and clean, but it's a bit far from most tourist attraction places."
"'n Fees om langs die strand te stap. Het 'n paar keer verdwaal, maar met my kaart op my foon was ek gou-gou by Kumbaya."
"Dit was 'n lekker stil en veilige woonbuurt om in te oornag en naby genoeg aan Kaapstad om die lughawe vinng te bereik vir terugvlieg! Naby genoeg aan Bloubergstrand en lekker eetplekke wat ons baie geniet het!"
"Dit is moeilik om see toe te stap van die huis - so dit sal my afsit om dit weer te huur. Dit is 'n baie mooi huis en oor die algemeen het dit omtrent alles wat jy nodig het, maar ek twyfel of ek weer die spesifieke huis sal huur. "
"Ek sal West Beach aanbeveel as 'n toeristebestemming. Jy het die pragtige uitsig van Tafelberg - met of sonder sy kombers, die omgewing is skoon en netjies, die eet- en kuierplekke, asook winkelsentrums is naby genoeg sonder dat jy ure in die verkeer vasgevang hoef te sit. Vir die fikse (en minder fikse) mense is daar 'n pragtige roete langs die strand af waar jy lekker kan stap/draf of jy kan net by 'n restuarant sit en "chill" en kyk hoe dit gedoen word."
"Stappers se paradys en voel veilig om te gaan stap omdat baie mense dit doen. Naby Kaapstad en ander strande."
"West Beach se uitsigte is asemrowend! Sy kultuur van gesonde leefstyl is meelewend in die drawwers, stappers, fietsryers en see-sport."