Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Mense van St Helenabaai is baie hulpsaam en vriendelik. Dorp self ook mooi skoon. Baie plekke om te besoek in en rondom."
"A small unique village with interesting cameos, much to see and do for various interests."
"Muisbosskerm is 'n moet, ons het nie veel van dorp gesien nie omdat ons vroegoggend uitgery het na ander plekke en net voor donker teruggekom het."
"Baie mooi plek aan die Weskus. Wind was net ysig koud gewees - ons stappies op die strand bietjie bederf (maar niemand het beheer oor die weer nie!). Baie lekker geëet by die restaurant. Sterk aanbeveel! Vriendelike personeel."
"Die plaaslike bevolking kan met tye baie veeleisend wees en vat nie nee vir 'n antwoord nie. Die hoeveelheid klein kindertjies wat skulpie-kuns verkoop en bedel is nogal kommerwekkend."
"Pragtige stranddorpie met uitstekende restaurante. Maak beslis 'n draai by Kookfontein. Beste ondervinding van ons verblyf in Lambertsbaai."
"Ons was so 'n bietjie teleurgestel in Lutzville, daar was nie opsigtelik veel om die dorp aan te beveel nie."
"'n Mooi dorpie wat goed geleë is op die N7! Daar is ook natuurlik die Klawer Wynkelders. Dit was ook veilig gewees om te gaan stap!"
"Not too commercialized. Wonderful location on the coast. Good major Spar shop for groceries. A winery Blakes, plus an excellent bakery."
"Baie mooi omgewing, die restaurante kan net bietjie uitbrei/opgradeer, of beter diens lewer. Maar as jy kyk na vandag se omstandighede kan mens dit seker verstaan. As jy wel wil oorleef in hierdie tye, sal mens moet sokkies optrek."