Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Het dit in die winter beleef, dink dit is pragtig in die somer as al die wingerde groen is."
"Heerlike bestemming om te besoek en goed geleë tussen verskillende ander dorpe om te besoek, veral rustige ervaring deur nie-seisoen tyd."
"Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon."
"Klawer is 'n klein dorpie vanwaar ons elke dag in 'n ander rigting gereis het om hierdie pragtige wêreld verder te verken en kennis te maak met sy inwoners."
"Pragtige skoon dorpie. Geen misdaad. Restaurant wat ons besoek het was teleurstellend."
" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."
"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."
"Beeldskone dorpie! Voel soos alternatiewe realiteit , kan beswaarlik glo die stad is net om die draai! Lieflike restaurante, koffiewinkeltjies en snuffelhoekies! Tietiesbaai net om die draai verskaf ekstra natuurbetowering! Sal beslis weer en weer besoek!"
"I love Lutzville and the surrounding dorpies. I can easily settle down in the area."
"Flags in Langebaan is 'n lekker restourant. Die kelnerin, Desire, was baie vriendelik en behulpsaam. Sy het selfs 'n waterbak vir die diere gebring! Boonop was die ontbyt heerlik. Verder is die see pragtig en rustig en kon ons lekker met ons honde daar stap. Ek sal weer gaan."
"Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday."
"Ons sal baie graag wil terug gaan en die plek verder ontdek. Ons het net te min tyd gehad! Dis so mooi!"