Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Yzerfontein is 'n rustige tog pragtige dorpie. Ons was gedurende die winter daarso so meeste van die restaurante was ongelukkig toe gewees. Die eetplekke en winkels wat wel oop is gedurende die winter bied mens alles wat jy sou benodig so dis darem nie 'n "spookdorp" in die winter nie."
"Die strande is baie netjies en tussen die wonings. Die sekuriteit is ook vriendelik en behulpsaam. Gaan beslis my vriende aanbeveel."
"Dis 'n baie lekker plek, was baie sentraal en kon baie plekke besoek. Sal weer daar vakansie hou. Het lekker restaurante veral Flags kan definitief aanbeveel word pryse baie billik. Spar is ook 'n groot plus punt lewer goeie diens en gebak puik."
"Dit was soos hemel op aarde! Die lekkerste vakansie wat ons nog gehad het. Die mense en plek is fantasties!"
"Ek is bang dat die karakter van Langebaan ondermyn sal word deur industrieë. Dit is 'n juweel wat bewaar en beskerm moet word."
"Verstaan nou die term Weskusdorpie. Klein, maar persoonlik genoeg sodat jy tuis voel. Beslis 'n plek om na terug te keer."
"Die Weskus is nie te alle tye van die jaar beeldskoon nie, maar plekke soos Khwa ttu, maak dit mooi."
"Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!"