Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"It's 5 stars if you want to spend your holidays relaxing i.e to escape from stress. It's also nice if you like the beach. It's safe for children, which is nice, as they can do whatever they want to do."
"Sal nooit Patrenoster alleen besoek of byvoorbeeld vir 'n 'girls weekend' nie. Diefstal is 'n probeem."
"Mense se smaak en behoeftes verskil verseker, maar vir my is Langebaan die ideale bestemming hetsy vir 'n naweek-wegbreek of 'n lieflike somervakansie. Daar is so baie wat mens kan doen in en rondom Langebaan."
"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
"Langebaan is 'n baie rustige en 'n mooi area. Ek sal mense definitief aanraai om daar te gaan ontspan vir 'n naweek of 2."
"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"
"Meer vermaak vir kinders en jongmense soos byvoorbeeld putt-putt-bane. "
"Akkomodasie is sentraal geleë en bied die besoeker die geleentheid om Mykonos te ondervind in al sy fasette en geleenthede."
"Doringbaai is 'n pragtige skoon dorpie. Hier kry jy werklik rus vir jou siel. Die 4x4 en staproetes word aanbeveel. Heerlike Snoek gekoop by die vissers. Dit was 'n belewenis om hulle dop te hou as hulle die menigte vis vlek en sout. Ignoreer maar die bedelaars, anders raak hulle lastig."
"You must try the little blue restaurant down the road. I forgot the name but its a 2 minute walk from Mermaids Rest. Serves the best food I've ever had and the greatest service! Yzerfontein is a perfect place to contemplate life!"
"Jacobsbaai is pragtig en rustige dorpie, en ook naby ander oulike dorpies soos Paternoster."
"Lambertsbaai het interessante plekke soos die museum by Van Pittensvlei (3 km uit die dorp) en die restourant tussen die rotse op die plaas langsaan, Bosduifklip. Die hawe met sy vars snoek was wonderlik. Heerlike viskos by Issabella's by Malgaseiland was net so lekker!"
"Dit sou ideaal gewees het as daar 'n winkeltjie was wat bietjie meer bied. Jy moet alles saamvat of sentrum toe ry en eintlik kom mens om weg te kom van alles."
"As dit eendag vir ons beskore is sal ons graag daar wil gaan aftree. Lambertsbaai het twee jaar gelede al ons harte gesteel."
"Paternoster is 'n wonderlike vakansiebestemming as jy hou van stilte en rustigheid. Die paar eetplekke wat ons besoek het staan vir niemand terug nie. By De Seekat het ek die heerlikste kingklip van my lewe gehad en Voorstrand se snoek-samoosas is baie lekker. Die winkeltjies bied alles wat mens nodig het en die Oumabrood en biltong by die Express was heerlik. Daar is ongelukkig 'n klein bedelaars-element teenwoordig in die dorp. Ek dink wel mens moet maar na Langebaan toe ry vir vleis. Vanaf Paternoster is daar 'n hele paar plekke in gemaklike ryafstand om op te soek, maar anders kan mens maar net op die strand bly en die skoonheid van die omgewing indrink."