Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by TravelGround customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 10996 reviews.
"Pragtige dorpie met alles binne jou bereik. Sal dit definitief weer en weer besoek."
"Lambertsbaai is 'n fantastiese plek! Rooibostoer, klein wynplaas (Kookfontein!), lekker kos en 'n baie interessante museum! Dit was baie lekker om hier in te loer! "
"Ai, ek mis die plek so, Lambertsbaai is my hart se punt, sy mense, sy baaitjie, ek raak bewoë van verlange as ek aan hom dink. Min sal saam my stem maar daar is net iets aan die ou dorpie wat my hartsnare tokkel. Ek was selfs amper ongelukkig toe hulle die ou teerpad wat voor Muisbosskerm en Steenbokfontein verby loop, geteer het. En dan natuurlik Muissboskerm se kos en kuier terwyl jy sien hoe die gety die golwe inrol en die meeue lui-lui skrou wat jou laat dink aan een of ander Laurika Rauch lied."
"Die dorpie is stil, die strand nog stiller, en was perfek om my woefies vir wandelinge te neem, selfs sonder hulle leibande. "
"Alhowel ek Vredenburg nie as n toeristebestemming sal beskryf nie, is die dorp netjies, skoon en die mense vriendelik. Dit is wel baie sentraal tot ander toeristebestemmings soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanha en St Helenabaai."